Jdal Caravan Park & Chalets

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Om en by 50 km buite Kimberley op pad na Kaapstad, in die westelike deel van die Vrystaat, kry jy die klein dorpie Jacobsdal. Jdal Caravan Park & Chalets bied hier akkommodasie met ’n plaasatmosfeer – veral gekenmerk deur ’n dam en ’n windmeul. Kom ontspan hier weg van die gejaag en geharwar.

Ons het vier selfsorg studio-eenhede met ’n dubbelbed of ’n enkelbed en ’n slaapbank. Elke slaapkamer het sy eie badkamer met ’n stort. Verder bied die eenhede ook kombuisgeriewe met ’n skottelgoedwasbak, ’n kroegyskas, ’n mikrogolfoond, ’n ketel, ’n broodrooster en ander gewone kombuistoebehore. Koffie, tee en melk word voorsien. Die eenhede het hul eie braai-area buite.

Ons is tans in die ontwikkelingfase van die karavaanpark.

Veilige parkering is beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Jdal Caravan Park & Chalets gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R400 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za