LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Jentina's Guest House | LekkeSlaap
+33

Jentina's Guest House

39 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dundak-laan 84, Parkview, Johannesburg, 2193, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R650 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Jentina's Guest House, ook bekend as Rose Cottage, bied gerieflike verblyf aan gereelde besoekers aan Johannesburg. Ons verblyf is geskik vir vakansiegangers sowel as sakereisigers. Dis in die boomryke voorstad Parkview geleë, wat grens aan 'n gholfbaan, die Johannesburg Dieretuin en die Dieretuin-meer. Die gastehuis bied maklike toegang tot die sentrale sakegebied, Wits en die Universiteit van Johannesburg sowel as Rosebank.

Ons bied 2 gerieflike enkelkamers en 2 ruim dubbelkamers met 'n volledige badkamer en 'n ekstra, aparte toilet. Ontbyt is beskikbaar op versoek. Gesinne is meer as welkom en ons het lekker speelgoed beskikbaar in die speelkamer. Ons kan ook toergroepe van tot 10 gaste akkommodeer. Kinders van alle ouderdomme is welkom.

Die gastehuis is in 'n stil en rustige tuin met 'n sprankelende swembad geleë. Gaste is ook welkom om aandete, en 'n glas wyn, saam met die gasheer te geniet indien hulle sou wou. Ons tuisgemaakte etes is beskikbaar teen ekstra koste en persoonlike wasgoeddienste is daagliks beskikbaar teen 'n baie billike tarief.

Lavender Cottage is 'n aparte gebou op die eiendom en kan gehuur word as 'n selfsorg-eenheid. Dis 'n ware toevlugsoord vir 'n paartjie, maar 2 kinders kan ook geakkommodeer word.

Die Gautrein Stasie in Rosebank bied maklike toegang tot Sandton, Pretoria en die OR Tambo Lughawe. Kulturele sentrums soos die Linder Ouditorium en die Burgersentrum is ook naby. Parkview se sentrale ligging maak dit die ideale basis vanwaar jy jou daguitstappies kan beplan, hetsy noord, suid, oos of wes. Daar is 'n uitgebreide biblioteek beskikbaar in die huis en jy kan 'n rustige middag met 'n boek spandeer.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Vlaams
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 39 resensies vir Jentina's Guest House
Netheid
4.8/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Dundak-laan 84, Parkview, Johannesburg, 2193, Gauteng
  • Gaste dink Jentina's Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R650
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R650
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dundak-laan 84, Parkview, Johannesburg, 2193, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGUzN2Y2NmY2LTM3MWMtNGIxNy1iYmI2LTkzNmRiMWMwYWUxNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R650  per nag (vir 2 persone) 39 5 1 5 84 Dundalk Avenue Parkview 2193 Gauteng 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -26.152019865037 28.022826611996
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!