Joan's Place

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Joan's Place is 'n selfsorgvakansiehuis aan die oewer van die Groot-Brakrivier op die Eiland. Dié huis beskik oor 4 slaapkamers en 2,5 badkamers. Die eerste 2 kamers het koningingrootte-beddens, die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens, en die vierde kamer het 2 enkelbeddens. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n gasstoof, mikrogolfoond, wasmasjien in die wasarea, breekware, eetgerei, potte, panne en ander kookgerei.

Die groot leefarea is gemeubeleerd en het 'n eetarea met 'n groot tafel en sitplek vir 8 of meer. Daar is ook gemaklike sitkamer meubels, 'n TV, boeke en verskeie speletjies of speelkaarte. Die leefarea lei na 'n onderdak veranda met 2 etenstafels. Die voorste grasperk het 'n groot baksteenbraai en bied 'n uitsig oor die rivier. Daar is talle voëls en vislewe. Visvang is baie gewild en knorder en leervis is vollop in die omgewing. Daar is 'n kano om die rivier te verken.

Joan's Place het 'n pragtige rivier-uitsig en dit 6 minute se stap na die pragtige ongerepte strande en see aan die ander kant van die klein eiland. Transkaroo Restaurant en 'n kroeg is binnge stapafstand vanaf Joan's Place. Groot Brakrivier is 'n 4 km rit vanaf die huis. Daar is plaaslike kunsgalerye, restaurante, 'n skoenfabriek, supermarkte soos Spar en Pick n Pay, en interessante klein winkels om te besoek. Dis sowat 20 km vanaf Hartenbos en 25 km vanaf Mosselbaai se middedorp.

Slaapplek

'n Bespreking by Joan's Place sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 3 persone
3 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Joan's Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 000 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za