Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Jock Safari Lodge

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Tussen Skukuza en Malelane, Suidelike area van die Krugerwildtuin, Skukuza, 1350, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R21 770 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Jock Safari Lodge is te midde van welige plantegroei in die suid-westelike hoek van die Krugerwildtuin geleë waar die Mitomeni- en die Biyamitiriviere saamvloei. Die wild in die omgewing is pragtig en die lodge spog met 6000 ha natuurlike landskap wat vir een van die beste Groot 5-kykervarings in Suid-Afrika sal sorg. Die lodge het ook eksklusiewe toegang tot die rivieroewer.

Die Jock hooflodge verseker privaatheid en harmonie met die natuurlike omgewing. Daar is twaalf afgeleë grasdak-suites wat algehele privaathied bied en versteek is tussen lowerryke bome en rietmure. Elke eenheid lei na 'n privaat dek met 'n plonspoel en 'n Sala, 'n buitedagbed en 'n uitsig oor die rivierbedding.

Die intieme Fitzpatrick Lodge is stylvol ingerig en bied 'n privaat villa-ervaring. Dit is ideaal vir die eksklusiewe gebruik van groepe of gesinne. Die villa het sy eie personeel en aangewese wildgids met 'n privaat wildkykvoertuig wat begeleide wildkykritte daagliks aanbied sodat gaste die 6000 hektaar privaat konsessie kan besigtig wat bekendstaan vir die opwindende besigtigings van die Groot 5 en ander interessante wild.

Op die oewer van die Mitomeni (Shangaan vir "Jakalsboom") rivierbedding, spog Fitzpatrick met 'n ruim binne- en buitelug-leefarea en -eetarea. Daar is ook 'n privaat boma en swembad met sonstoele wat uitkyk oor die rivierbedding en die bosveld waar olifante en ander diere gereeld verbykom. Elkeen van die drie luukse suites het 'n privaat dek en twee van die eenhede het ook klein plonspoele. Die en suite-badkamers strek tot op privaat dekke met buitestorte en -baddens wat gaste toelaat om onder die sterre te bad.

Fitzpatrick's at Jock is kindervriendelik en daar is 'n opwindende Kinders op Safari-program beskikbaar. Die kamp is veilig omhein en verskeie opvoedkundige en ontspanningswildaktiwiteite is beskikbaar. Die villa het ook 'n TV-kamer en babaoppasdiens.

Tariewe sluit 2 wildritte per dag in, 1 in die laatmiddag en 1 vroegoggend. Dit sluit ook begeleide wildwandelinge, alle etes insluitend 'n laatmiddagtee voor die laatmiddagwildrit, 'n unieke boma-ete ervaring, sekere drankies en wildritdrankies in.

By Jock Safari Lodge kan gaste wild besigtig insluitend olifante, leeus en buffels. Gaste sal ook leer oor die geskiedenis van Jock Safari Lodge en die omgewing. Die lodge werk saam met talle bewaring- en navorsingsprojekte rakende skaars en bedreigde spesies soos die swart- en witrenoster, leeu, wildehond, breekoparend en die neushoringvoël.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Skoonheidskliniek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte Ingesluit
  • Portier
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Drankies ingesluit
  • Middagete
  • Piekniek-middagete
  • Tee
  • Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Tussen Skukuza en Malelane, Suidelike area van die Krugerwildtuin, Skukuza, 1350, Mpumalanga
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R21 770
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R21 770
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Tussen Skukuza en Malelane, Suidelike area van die Krugerwildtuin, Skukuza, 1350, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAABQbP1GYm4u9E8OEr3J918mTXpVoAqxeYnznRjXJVlIrZDQIdym?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R21 770 per nag, vir 2 mense Between Skukuza and Malelane Southern Area of Kruger National Park 1350 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -25.216562954546 31.56415666634