Joe's Place

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Joe's Place is in The Bluff in die hartjie van Durban geleë. Ons bied gerieflike en veilige akkommodasie vir jou en jou gesin of 'n groep vriende. Ons is naby winkelsentrums en net 20 minute se stap van die strande af.

Daar is 5 goed toegeruste dubbelkamers met lugversorging, DStv, yskassies en 'n en suite-badkamer in elkeen.

Geniet 'n heerlike ontbyt in die oggend (ingesluit by die tariewe), voordat jy op jou ontdekkingsreise in die omgewing gaan. Ons het 'n gemeenskaplike sitkamer, eetkamer en kombuis sodat jy so tuis soos by jou eie huis sal voel.

Die Golden Mile-seekant is veral gewild onder branderplankryers, drawwers, watersport-entoesiaste en diegene wat daarvan hou om in die son te lê en bak. Die promenade is spesiaal opgeknap vir die 2010 Sokker Wêreldbeker. Dit begin by uShaka Marine World, 'n reuse pretpark met 'n akwarium en eindig by Moses Mabhida, 'n futuristiese stadion.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Joe's Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za