Jovali
Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bethal Plaas, Clarens, 9707, Vrystaat
- Geen kinders onder 18
-
Vanaf
R1 650R1 403 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Jovali is op 'n pragtige plaas wat oor meer as 4 hektaar strek in rustige Bethel-landgoed geleë en is net 'n 8 minute-stappie vanaf Clarens. Hier word verblyf in 2 privaat en volledige selfsorgeenhede van 36 m² gebied wat elkeen op die grondverdieping is en met pragtige uitsigte spog. Jovali se toeganklikheid, gemak, spasie, sekuriteit, netheid en diens maak dit die perfekte bestemming om te ontspan en te rus.
Elke ruim ateljee-eenheid het 'n luukse, ekstra lang koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die oopplan-leefarea het gemaklike stoele, 'n platskerm-TV met die DStv Premium-pakket, 'n gesellige eetarea en 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, 'n mikrogolfoond en 'n yskas-vrieskas. Die luukse en suite-badkamer het 'n bad en 'n aparte stort. Daar is 'n Weber-braai met geriewe waar gaste alfresco-etes kan voorberei terwyl hulle die sonnige somersdae geniet.
Verder kan gaste aan heerlike koffie en tuisgebakte beskuit smul terwyl hulle op die stoep kuier en die sonsopkoms oor die Malutiberge bewonder. Aan die linkerkant is Mount Horeb en as gaste gelukkig is mag daar dalk net 'n wildsbok of meerkat gesigwys. Natuurliefhebbers en voetslaanentoesiaste kan op die toegekende paadjies na die Klein Caledonrivier wat deur die perseel vloei, stap. Saans word gaste betower met die sterre terwyl stilte en rustigeheid die atmosfeer vul.
Jovali se prioriteit is om altyd na gaste om te sien en seker te maak dat die instansie aan die vereistes van die COVID19-redulasies voldoen sodat gaste hul kuier met 'n gemoedsrus kan geniet.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Opsomming van Resensie
Ligging
- Bethal Plaas, Clarens, 9707, Vrystaat
- Gaste dink Jovali het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Clarens Drakensberge Vrystaat
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bethal Plaas, Clarens, 9707, Vrystaat
- Geen kinders onder 18