Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Jungle @ C Log Cabin

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 363, Erfdeel 7, Grenville Pad, Trafalgarstrand, 4285, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 680 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

Jungle @ C is 'n selfsorg-houthuisie wat in Trafalgar aan die Suidkus van KwaZulu-Natal geleë is. Dit is halfpad tussen Margate en Port Edward, en die vernaamste Blouvlagstrand is net 1,2 km van die huisie af. Gaste kan daar gaan swem, perdry, visvang of snorkel.

Trafalgar is ook teen die grens van die Mpenjati Natuurreservaat geleë, waar gaste 'n heerlike piekniek of braai kan geniet, in die rivier kan visvang of selfs een van die staproetes kan aandurf. Wanneer jy terugkom by die huisie, is daar baie bokkies en ander herbivore wat graag kom kuier. Trafalgar is 'n mariene-, duin- en natuurreservaat.

Die houthuisie is toegerus vir 12 gaste en beskik oor 2 hoofslaapkamers, 2 solderkamers, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en die tweede slaapkamer het 'n dubbel- en 'n enkelbed. Een van die solderkamers het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens en die tweede solderkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed, asook 'n lekker dek. Daar is nog 'n aparte badkamer met 'n stort. Gaste moet asb. hul eie bad- en swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en die leefarea het gemaklike rusbanke en 'n vol DStv-pakket wat gaste op 'n groot platskerm-TV kan kyk. Die huis het 'n oop dek, asook 'n oop grasdak-houtdek met buiteblindings, 'n groot tafel, 'n platskerm-TV, gasbraai, 'n kroegarea met 'n groot yskas en 'n veerpyltjiebord. Die huis is met 'n alarmstelsel, elektriese motorhek en 'n elektriese heining beveilig. Onderdakparkeerplek vir 2 voertuie word voorsien.

Die ingang na die huis het 'n mooi grasdakdek met 'n tafel en stoele, asook 'n oprit vir gaste in rolstoele.

Daar is 2 groot melkhoute en 2 koorsbome, broodbome en proteas in die tuin, en 'n Jacuzzi, swembadjie, buitebraai en sitplek waar gaste kan kuier. Daar is ook 'n buitetoilet.

Jungle @ C word volledig skoongemaak deur 'n betroubare huishulp, op 'n daaglikse basis. Wasgoed, karwas en enige ander huishoudelike dienste kan direk met die huishulp gereël word en is beskikbaar teen 'n addisionele koste.

Goedgemanierde honde is welkom indien dit vooraf gereël word, maar katte kan ongelukkig nie saamkom nie.

Slaapplek

’n Bespreking by Jungle @ C Log Cabin sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 4 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Jacuzzi
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Verekombers
  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Gedeelde dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 17 resensies vir Jungle @ C Log Cabin
Netheid
4.3/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
4.4/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Thomas Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 17

Jaar gelys 9

Ligging

  • Erf 363, Erfdeel 7, Grenville Pad, Trafalgarstrand, 4285, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Jungle @ C Log Cabin het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 680
per nag (plek vir 12)
Vanaf
Vanaf R3 680
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 363, Erfdeel 7, Grenville Pad, Trafalgarstrand, 4285, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2b034b98bb45d6e9fc04f68f401c0c1273204b2b59719664bd5527d573703aa072d236c12595b529f46709cbb67edbd6b173?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 680 per nag (plek vir 12) 17 5 1 5 Lot 363, Portion 7 Grenville Road 4285 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.963500669773 30.286820447491
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem