Just-off-the-Beach

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Just-off-the-Beach is ‘n selfsorg-eenheid in Glentana naby Mosselbaai. Dis in die eerste straat, net 150 m van die strand, maar het nie see-uitsig nie. Daar is slaapplek vir 4 volwassenes en 4 kinders, ideaal vir 2 gesinne.

Alhoewel die eienaar baie lief is vir kinders en diere is die huis ongelukkig nie geskik vir troeteldiere en kinders onder 6 jaar nie.

Die eenheid beslaan die onderste verdieping van 'n dubbelverdiepinghuis met privaat ingang en buite-area vir eksklusiewe gebruik van gaste.

Die eenheid het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het ‘n koningingrootte-bed en en suite-badkamer met stort. Die tweede kamer het ‘n dubbelbed en die derde kamer het 2 stapelbeddens vir 4 kinders. Die tweede is 'n volle badkamer met stort en bad. Al die kamers het ruim ingeboude kaste.

Die leefarea het ‘n platskerm-TV met volle DStv. Gratis WiFi is beskikbaar. Die kombuis is toegerus met ‘n ys-vrieskas, mikrogolf, drieplaatstoof, oond, ketel, broodrooster en skottegoedwasser. 'n Aparte waskamer met 'n wasmasjien is beskikbaar vir gaste.

In die agterplaas is ‘n onderdakbraai met groot houttafel en genoeg sitplek vir die eksklusiewe gebruik van gaste. Braaitoerustig, insluitend ‘n driepootpot, rooster en tang word voorsien. Daar is parkeerplek vir 2 voertuie en ‘n sleepwa.

Slaapplek

'n Bespreking by Just-off-the-Beach sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 4 persone
2 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Just-off-the-Beach gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 250 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za