Just Off The Road

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Just Off The Road is ’n selfsorg-plaashuis op ’n privaat plot in die lowergroen Midlands Meander, sowat 14 km vanaf Howick se middedorp. Die perseel bied slaapplek aan ’n groep van 12 gaste en is die ideale basis vanwaar area se besienswaardighede verken kan word.

Die dubbelverdiepinghuis het 5 slaapkamers, 2 badkamer en ’n gastetoilet. Die hoofslaapkamer het ’n koninggrootte-bed, die tweede kamer en derde kamer het elk ’n koningingrootte-bed, die vierde kamer het ’n enkelbed en daar is 3 enkelbeddens en ’n koninggrootte-bed in die vyfde kamer. Daar is ’n yskas, mikrogolf, oond, stoof en oorgenoeg ingeboude kaste in die kombuis.

Die huis het 2 eetareas en 1 sitarea met ’n TV wat sekere DStv-kanale het. Die leefarea lei na ’n onderdakstoep wat oor die tuin uitkyk. Veilige parkeerplek is voor die huis beskikbaar.

Just Off The Road is sowat 30 km vanaf Curry's Post, 35 km van Notthingham Road af, en 36 km vanaf Pietermaritzburg se middestad.

Slaapplek

'n Bespreking by Just Off The Road sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 5 - Huisves 5 persone
3 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Zoeloe

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Just Off The Road gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 500 per nag (plek vir 12)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za