JW Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

JW Cottage is 'n bekoorlike selfsorgkothuis op 'n privaat plaas, naby 'n rivier net buite Himeville in die Suidelike Drakensberge geleë.

Die privaat kothuis is goed toegerus met alles wat gaste sal benodig vir gerieflike verblyf. Daar is 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n gaste-toilet, groot kombuis en 'n sitarea. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer. Linne word voorsien.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n mikrogolfoond, stoof, yskas, ketel, broodrooster en strykgeriewe. Die gerieflike sitkamer het 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n kaggel. Die sitarea maak op die groot privaat balkon en tuin oop.

Dié kothuis bied 'n pragtige uitsig oor die berg, en heerlike wandelpaadjies en voetslaanroetes in die omliggende area. Gaste kan ook gerus 'n bietjie kunsvlieghengel.

Dié pragtige kothuis is troeteldiervriendelik, maar troeteldiere mag nie op die meubels wees nie.

Slaapplek

'n Bespreking by JW Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard

Geriewe

  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na JW Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 600 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za