Kaaimans Self-catering 35699

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kaaimans Self-catering 35699 is 'n gerieflike woonstel vir 3 gaste in Klein-Brakrivier.

Dié woonstel is op die eerste verdieping en het 'n privaat ingang. Dit beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en daar is 'n slaapbank in die sitarea vir 'n derde gas. Die badkamer het 'n stort. Beddegoed word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Die oopplankombuis is met 'n gasstoof, mikrogolf, 'n yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar, mits dit vooraf gereël is. Die sitarea het 'n TV met satellietkanale en 'n DStv-koppelpunt. Gaste is welkom om hul eie dekodeerder, slimkaart en afstandbeheer saam te bring.

Die leefarea lei na 'n dek met 'n uitsig oor die omgewing. Braaigeriewe en 'n toesluitmotorhuis is op die grondverdieping beskikbaar. Let asb. daarop dat rook verbode is en troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Kaaimans Self-catering 35699 is 2 km vanaf Klein-Brakrivierstrand waar gaste kan swem, visvang, bootvaar, walviskyk en branderplankry. Daar is ook voëlkykgeleenthede in die omgewing.

Slaapplek

'n Bespreking by Kaaimans Self-catering 35699 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kaaimans Self-catering 35699 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 600 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za