Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kaalvoet Apartments

Selfsorg
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jeffs Place 9, Pearl Bay, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Kaalvoet Apartments is 'n luukse toegeruste vakansiehuis in Yzerfontein met 4 en suite-slaapkamers wat die Fynbos, Seashells en Ocean kamers en die Kaalvoet-Villa insluit. Elke eenheid het slaapplek vir 2 tot 6 gaste. Verblyf sluit gratis WiFi, DStv en veilige parkeerplek op die perseel in. Daar is ook 'n privaat braaiplek langs die woonstel en die huis het sonkrag sodat gaste nie tydens beurtkrag hoef te sukkel nie.

Fynbos is 'n volledige, ruim selfsorgwoonstel wat smaakvol versier is. Daar is 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed, 'n kombuis wat volledig toegerus is en 'n klein leefarea met 'n kaggel. Die oopplan-kombuis het 'n stoof, oond, etenstafel en stoele.

Seashells is 'n luukse oopplan-kamer wat na die see front en het 'n koninggrootte-bed. Daar is slaapplek vir 2 gaste. Die koninggrootte-bed kan op versoek in 2 enkelbeddens omskep word. Daar is 'n privaat badkamer met 'n stort, asook 'n ruim sitarea. Die kamer is toegerus met 'n ketel, mikrogolfoond, yskassie en 'n stoep met 'n tafel en stoele.

Ocean is 'n luukse oopplan-kamer wat na die see front en het 'n koningingrootte-bed. Daar is slaapplek vir 2 gaste. Daar is 'n privaat badkamer met 'n stort, asook 'n ruim sitarea. Die kamer is toegerus met 'n ketel, mikrogolfoond, yskassie en 'n stoep met 'n tafel en stoele.

Die Kaalvoet-Villa is 'n vakansiehuis op die boonste verdieping. Dit het slaapplek vir 8 gaste in 4 slaapkamers. Daar is 4 en suite-badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, stapelbed en 1 bed vir 'n kind. Die tweede en derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Ander geriewe sluit 'n toegeruste kombuis, braaigeriewe, 'n ruim sitkamer, WiFi, DStv en 'n eetkamer.

Die woonstel is net 150 m van die see af en bied 'n pragtige uitsig oor die Pearl Bay-strand, asook die fynbos-area langs die huis.

Yzerfontein het 'n paar restaurante wat ontbyt en aandete bedien. Die dorp is aan die ongerepte Weskus geleë. Doendinge in die area sluit walviskyk in seisoentyd, staproetes, 4x4-roetes, voëlkyk, wildkyk, wynproe, seilplankry, vlieërbranderry, visvang, duik en gholf in. Plaaslike en internasionale toeriste besoek jaarliks die dorp om die lente-blomme te aanskou.

Let asb. dat die eiendom nie troeteldiervriendelik is nie, aangesien die eiendom nie omhein is nie. Daar is ook 'n rooikat wat in die omgewing ronddwaal.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 64 resensies vir Kaalvoet Apartments
Netheid
4.9/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Jeffs Place 9, Pearl Bay, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kaalvoet Apartments het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jeffs Place 9, Pearl Bay, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA278cd2c1094b03cad24eedbdcdbb7c9fffcb0e821738db3b139ed7a8b4e934ed77210b799db036dbc53ece2b896181e3d611?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense 64 5 1 5 9 Jeffs Place Pearl Bay 7351 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -33.366314547825 18.168477863073