Kabeljous Akkommodasie by Kabeljous | LekkeSlaap
+24

Kabeljous

2 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kabeljauwsweg 12, Kabeljous, Jeffreysbaai, 6210, Oos-Kaap
  • Geen kinders onder 2
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Kabeljous bied nie net 'n slaapplek nie, maar 'n ervaring. 'n Ervaring waarna jy verfris, ontspanne en weer reg vir die lewe terugkeer huis toe. Dis slegs 500 m van die naaste strand en die strandmeer af en hierdie gedeelte van die strand is een van Jeffreysbaai se gewildste strande om op te stap.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers met 'n bad en 'n stort. Twee van die slaapkamers het koningingrootte-beddens en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en deel 'n badkamer.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Etes kan by die eetkamertafel geniet word.

Die leefarea het 'n gesellige kaggel en lei na 'n patio. Buitebraaigeriewe is beskikbaar. Ongelukkig is troeteldiere nie welkom nie. 'n Skoonmaakdiens is beskikbaar op versoek teen ekstra koste.

Jeffreysbaai bied verskeie doendinge soos branderplankry, valskermsweef, sandplankry en bergfietsroetes. Besienswaardighede in die area sluit die African Dawn Wildlife Sanctuary, die Dolphin Beach Entertainment Centre en vele meer in.

Slaapplek

’n Bespreking by Kabeljous sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 2 resensies vir Kabeljous
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
3.5/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Kabeljauwsweg 12, Kabeljous, Jeffreysbaai, 6210, Oos-Kaap
  • Gaste dink Kabeljous het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kabeljauwsweg 12, Kabeljous, Jeffreysbaai, 6210, Oos-Kaap
  • Geen kinders onder 2
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAnmyV9VUhgHgqnsDytiksGhBSDCbAM1lHFv8jykyoBc4g8jbNpt?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 500  per nag (plek vir 6) 2 5 1 5 12 Kabeljauws Road Kabeljous 6210 Oos-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -34.0081599 24.92849
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za