St. Francisbaai Akkommodasie by Kai by St. Francisbaai | LekkeSlaap
+10

Kai by St. Francisbaai

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Frankweg 17, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
  • Geen kinders onder 5
  • Vanaf R500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Kai by St Francis Bay is 'n strandhuis binne stapafstand van St. Francis se hoofstrand. Die eiendom is by uitstek geskik vir gesinne wat op soek is na sakpasverblyf. Kai is ook baie gewild onder branderplankryers en ander avonturiers.

Die drieverdiepinghuis het 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Neem asb kennis dat gaste hulle eie badhandoeke, sowel as strandhandoeke moet saambring.

Die grondverdieping het 2 slaapkamers, 1 met 'n dubbelbed en die ander met 2 enkelbedjies. Ook op dié verdieping is 'n gedeelde badkamer met toilet, wasbak en bad.

Die tweede verdieping bestaan uit 'n leefarea en 'n volledig toegeruste kombuis. Skuifdeure lei na 'n kleinerige balkon en bied 'n uitsig oor die see en strand.

Trappe lei na die boonste verdieping waar die hoofslaapkamer en 'n klein badkamer met stort is. Vanuit die hoofslaapkamer kan mens uitstap op 'n klein balkon wat weereens 'n wonderlike uitsig oor die oseaan en strand bied. Neem asb. kennis dat die trappe sonder 'n handreling is en nie veilig vir kinders jonger as 5 jaar is nie.

Daar is brander- en lyfplank en 'n draagbare braaier vir gaste se gebruik in die stoorkamer. Die perseel is omhein en goedgemanierde honde is welkom.

Daar is onderdakparkeerplek vir 1 voertuig beskikbaar en parkeerplek vir ander voertuie binne die erf.

Gaste word versoek om geen vuil skottelgoed te los met hul vertrek nie. Skottelgoed kan op droograk gelaat word, dis nie nodig om weg te pak nie.

WiFi is beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Kai by St. Francisbaai sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Braaiplek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 13 resensies vir Kai by St. Francisbaai
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Frankweg 17, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
  • Gaste dink Kai by St. Francisbaai het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R500
per nag (plek vir 6)
Vanaf R500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Frankweg 17, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
  • Geen kinders onder 5
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDY2YmZiYjRlLWExOTQtNDBhMy05ZWY0LWMwMGQ2OGI2Y2M5NQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R500  per nag (plek vir 6) 13 5 1 5 17 Frank Road St Francis Bay 6312 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-23:00 10:00 -34.168793107765 24.831598155156
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za