Umdloti Akkommodasie by Kaitaia 3 | LekkeSlaap
+10
+10

Kaitaia 3

Selfsorg
  • Vanaf R350 per nag (plek vir 4)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die M27/Hoofweg, Umdloti, 4350, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Kaitaia 3 is 'n lieflike, groot selfsorgwoonstel in die veilige Kaitaia-kompleks, sowat 300 m van die strand in Umdloti af. Kaitaia is oorkant die pad van 'n Spar en net 'n paar minute se stap van verskeie restaurante en plaaslike winkels af.

Kaitaia 3 het slaapplek vir maksimum 4 volwassenes en 1 kind, en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die slaapkamer het ook deure wat na 'n balkon lei. Die tweede slaapkamer het 'n tripelstapelbed met 'n dubbelbed onder en 'n enkelbed bo. Albei slaapkamers het lugversorging. Die tweede badkamer het 'n stort-oor-bad, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en sluit 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware in. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6 en die sitarea het 'n plafonwaaier, platskerm-TV en 'n gemaklike rusbank. Die leefarea lei na 'n onderdakbalkon met buitemeubels en 'n see-uitsig.

Die Kaitaia-kompleks bied veilige parkeerplek en 'n gemeenskaplike swembad.

Slaapplek

’n Bespreking by Kaitaia 3 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Tripelstapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 3 persone
1 xTripelstapelbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Langs die M27/Hoofweg, Umdloti, 4350, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R350
per nag (plek vir 4)
Vanaf R350
per nag (plek vir 4)
Vanaf R350
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die M27/Hoofweg, Umdloti, 4350, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA34d87687f0d16fadcf6ca04ef65a25ce05a2db277432904d67cd463eb2fcaaf58396aaf795c7e995e9d8fa6f284f03de1900?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R350  per nag (plek vir 4) Off the M27/Main Road Umdloti 4350 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.670351 31.115975
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za