Kalahari Lodge - Out of Africa Gastehuise

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kalahari Woonstelle bied warm gasvryheid en gerief in 'n stil gebied in die buitewyke van die dorp. Die onderneming is binne loopafstand van die sakekern en restaurante. Ons het 6 privaat selfsorg-eenhede.

Elke eenheid is goed toegerus met lugversorging, 'n yskas, tweeplaatstoof, mikrogolfoond, braaipan, kombuisware, eetgerei en kookgereedskap. Hulle het selfsorg-kombuise met tee- en koffiegeriewe en beskuit en drie ontbytgrane. Braaitoerusting word ook voorsien. Die gerieflike eenhede is met dubbel- en enkelbeddens gemeubileer en het en suite-badkamers met baddens en storte. Alle beddegoed en handdoeke word voorsien en alle beddens is met elektriese komberse opgemaak asook winterslakens gedurende die winter, en twee dik komberse vir daardie koue Karoo-nagte. TV's met die DStv-kanale (Hotel Premium pakket) is beskikbaar en gaste het private ingange en verandas waar hulle kan ontspan en skemerkelkies kan geniet.

Braaipakkies is op versoek beskikbaar vir diegene wat organiese Karoo-lamtjops en wors wil geniet. Elke eenheid het 'n strykplank, strykyster, insekweerder en noodlampe. Haardroërs is op versoek beskikbaar en 'n wasgoeddiens is vir verblyf van langer as drie dae beskikbaar. Die hele kompleks is omhein, goed belig en het toesluitparkering vir elke eenheid.

Die plaaslike museum het 'n verskeidenheid interessante stukke en gaste kan die interessante Corbelled House besoek. Carnarvon is ook die tuiste van MeerKAT - 'n radioteleskoop onder konstruksie in die Noordkaap in die wedywering om die vierkante kilometer teleskoop teen Australië te wen.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kalahari Lodge - Out Of Africa Gastehuise gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]