Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kambro Accommodation & Farm Stall

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 71 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Brakdam, Britstown, 8782, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R500 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Kambro Accommodation & Farm Stall is halfpad tussen Johannesburg en Kaapstad op die N12, 21 km noord vanaf Britstown in die rigting van Kimberley. Ons bied wonderlike plaasverblyf in die Karoo.

Daar is 10 selfsorg-chalets met lugversorging en ook 6 karavaanstaanplekke op gras, en 2 kampplekke. Die eenhede het elk met 'n privaat braai en elektrisiteit en daar is skoon ablusieblokke met warm water en opwasgeriewe.

Daar is 'n speelgrond vir kinders. Daar is ook geleenthede vir voëlkyk en voetslaan. Tydens Desember en Januarie se warm dae kan jy afkoel in die dam.

Alhoewel ons selfsorg is, bedien ons ook ontbyt en aandete op versoek. Gaste kan ook self onder die sterre braai, elke chalet het sy eie privaat braai. Let asb. dat klein troeteldiere slegs in sommige van die eenhede toegelaat word en indien dit gereël word.

Daar is 'n plaasstal op die perseel. Die restaurant het lugversorging, en bied ligte maaltye. Die restaurant sluit om 16:00 maar gaste kan wegneemetes bestel. Ons tuisgemaakte pasteie is 'n baie gesogte item en springbok, lam en hoender is beskikbaar. Die restaurant is gelisensieerd, so gaste wat oornag kan dus goeie kwaliteit wyn of bier saam met hulle maaltye geniet. Gaste ontvang 'n WhatsApp boodskap op die dag van aankoms met al die opsies vir aandete. Hulle kan dan kos bestel. Ontbyt word ook bedien. Gaste in die karavaanpark kan tuisgemaakte brood bestel. Gratis WiFi is beskikbaar.

In die plaasstal verkoop ons verskeie konfyte, blatjang, ingelegde vrugte, droë vrugte, kweperlekkers, vrugtelekkers, geskenke, tuisgemaakte gemmerbier, suurlemoenstroop, boeke, beskuit, koekies, speserye en heelwat meer. In die vrieskas het ons ook 'n groot verskeidenheid rou of gekookte afval, lamsterte, gebakte kwepers, gevulde springbokboud en -saal (resepte ingesluit), boerewors, tuisgemaakte botter, sosaties, skilpadjies, ens.

Kom ervaar egte Karoo-gasvryheid op dié plaas. die nasionale sterrekykpartytjie word jaarliks by Kambro gehou. As deel van ons diens verskaf ons tuisgemaakte brood en botter sowel as tee en koffie in die chalets.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 483 resensies vir Kambro Accommodation & Farm Stall
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.5/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.6/5

Wilma Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 483

Jaar gelys 11

Ligging

  • Brakdam, Britstown, 8782, Noord-Kaap
  • Gaste dink Kambro Accommodation & Farm Stall het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R500
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 71 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Brakdam, Britstown, 8782, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDcwNzIyZWE0LTY2NjAtNDhlYS05MmM3LTc5ZTQ2OTA1MjhiZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R500 per nag, vir 2 mense 483 5 1 5 Brakdam Britstown 8782 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 09:00 -30.416749629539 23.565528988838
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem