LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Kapama Private Game Reserve - Kapama River Lodge | LekkeSlaap
+18

Kapama Private Game Reserve - Kapama River Lodge

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 58 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Kapama River Lodge, , R40 Pad Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R6 180 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Kapama River Lodge is 'n 5-ster-lodge in die private Kapama wildreservaat. Die majestueuse noordelike Drakekensberge voltooi die agtergrond van die 64-suite River Lodge, wat langs 'n kronkel in die Kapamarivier geleë is.

Kapama River Lodge is die grootste, luuksste wildlodge in die Krugerwildtuin area. Dit is stylvol gemeubileer om te sorg dat jy 'n onvergeetlike Afrika safari ervaring sal hê. Verblyf is beskikbaar in suites, spa-suites, gesinskamers en koninklike suites. Kapama River Lodge se 40 ruim suites spog met ongelooflike uitsigte oor die Groot 5 wildreservaat. Jy kan die privaatheid van jou eie patio geniet en vir nog meer privaatheid is die spa-suites 'n entjie van die lodge af geleë. Sodoende is dit ook nader aan die spa waar jy unieke Afrika spa-behandelinge kan ontvang. Die gesinskamers het trippel-balkonne en is by die spa-suites geleë. Die 2 koninklike suites bied aansienlike spasie en daar is 'n aparte sitkamer met 'n verlengde balkon.

Gaste van Kapama River Lodge het toegang tot die sitkamers, waar glasdeure uitloop na die randvloeiswembad vir 'n al fresco-ervaring. Die lang, L-vormige sitkamer en kroeg, onder 'n dubbelvolume-grasdak, volg die lyn van die swembad om 'n knus atmosfeer te skep. Vir die winter is daar 'n kaggel wat aan albei kante hitte verskaf. Gaste kan ontspan op die leunstoele onder sambrele langs die swembad terwyl hulle wildkyk. 'n Klein watergat lê net duskant River Lodge. Wildsbokke, olifante en buffels kom gereeld hier bymekaar.

Kapama River Lodge het 3 verskillende eetkamer-lokale. Aandete kan ook genuttig word om 'n gesellige vuur in die Rhino Boma. By die Rhino Boma word maaltye bedien onder 'n oop grasdak. Heerlike buffet-etes is hier op die spyskaart met 'n fokus op Pan-Afrika disse wat gemaak word met vars plaaslike bestanddele. Daar is ook 'n opsie vir romantiese etes in die droë rivierbed aan die voorkant van die lodge, onder die ongelooflike Afrika uitspansel. Die Siyatla Lounge is spesifiek gebou as 'n beskutte eetkamer-area, waar ontbyt en middagete bedien word. Daar is 'n kroeg, sitkamer en 2 groot kaggels, met glasdeure wat uitloop op die sitkamer met die omliggende bosveld.

Kapama River Lodge spog ook met 'n wynkelder wat topgehalte SA wyne huisves. Gaste kan ook in voeling bly met die res van die wêreld in die River Lodge mediakamer waar daar 'n televisie en 'n DVD-speler is. Die mediakamer kan ook omskep word in 'n klein konferensielokaal vir 20 gaste. Daar is ook internet-toegang.

Ligging

  • Kapama River Lodge, , R40 Pad Hoedspruit, 1380, Limpopo
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Limpopo
Vanaf R6 180
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R6 180
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 58 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Kapama River Lodge, , R40 Pad Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGJjZGI1YzdkLTA5NmItNDQwYi1hMzRkLWM5MWVjM2UxYTE1Mw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R6 180  per nag (vir 2 persone) Kapama River Lodge Kapama Private Game Reserve 1380 Limpopo 086 999 0018 14:00-17:00 11:00 -24.427448162436 31.027477383614
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!