Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kapteinskloof Guest Cottage

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 6 en 18, Wittewater Plaas 93, Bergrivierdistrik, Piketberg, 7321, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 500 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Kapteinskloof Guest Cottage is op 'n kleinhoewe in die Weskus-omgewing tussen Piketberg en Velddrif, sowat 180 km noord van Kaapstad. Die kothuis skuil in die pragtige Kapteinskloof en is een van die oudste oorspronklike plaashuise in die area.

Verblyf is beskikbaar in 'n pragtige, oorspronklike sandveldkothuis. Die meubels en uitleg is eenvoudig, met mure en vensters wat 'n boustyl eie aan dié streek weerspieël. Die reuk van die grasdak dra by tot die aardse gevoel wanneer jy by die huisie instap. Die selfsorgkothuis bied slaapplek vir 2 tot 6 gaste en word as 1 eenheid verhuur sodat gaste privaatheid kan hê. Die kothuis is apart van die hoofhuis. Eetgerei, breekware, badhanddoeke, linne en vuurmaakhout word voorsien. Bring asb. jou eie swemhanddoeke saam. Hout is beskikbaar teen R50 ’n sak.

Die kothuis het 'n aparte kamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer. Daar is nog 'n sit-/slaapkamer met 'n en suite-badkamer en direkte toegang tot die kombuis. Die gesellige kombuis het 'n outydse Dover-stofie, yskas, mikrogolf, oondjie en warmplate. Let daarop dat daar nie 'n TV, radio of selfoonontvangs is nie. Gaste kan heerlik in die varswaterswembad tussen die sitrusbome afkoel.

Die huise dateer uit 1831 en in 1988 het die dramaturg Pieter Fourie met opknappingswerk begin. Sy liefde en passie vir outydse argitektuur en sy oog vir detail het hom in staat gestel om die eenvoudige en bekoorlike sandveld-karakter van dié ou plaashuis te behou. Kom ervaar die platteland - gaan stap, bring jou bergfiets, gaan bestuur 'n entjie op die plaas se agterpaaie, aanskou die blommeprag in die lente, of gaan soek 'n plekkie onder 'n boom waar jy jou tyd met 'n goeie boek kan verwyl.

Troeteldierbeleid: Troeteldiere is welkom slegs indien dit vooraf gereël word, en gaste moet ook die ander diere op die plaas in ag neem. Alle honde, perde en voëls in hokke is regdeur die jaar welkom. Troeteldiere slaap binne; bring asb. eie troeteldierbeddens, beddegoed en bakke. Daar is stalle vir die perde. Die honde, katte, voëls, perde, plaasdiere en wild op die kleinhoewe moet in ag geneem word. Let asb. daarop dat die honde goed gemanierd moet wees, en nie die hoenders en katte mag jaag nie. Troeteldiere bly gratis.

Slaapplek

’n Bespreking by Kapteinskloof Guest Cottage sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Waaier
  • Kaggel

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 10 resensies vir Kapteinskloof Guest Cottage
Netheid
4.9/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Melanie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 10

Jaar gelys 6

Ligging

  • Erfdeel 6 en 18, Wittewater Plaas 93, Bergrivierdistrik, Piketberg, 7321, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kapteinskloof Guest Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Weskus Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R2 500
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R2 500
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 6 en 18, Wittewater Plaas 93, Bergrivierdistrik, Piketberg, 7321, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDZmOTRmNTk1LWFhOTktNDhhZC1hNzliLWExNmQ2ZDQ3OWQ5Ng?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag, vir 6 mense 10 5 1 5 Portion 6 and 18 of Farm Wittewater 93 Berg River District 7321 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.77017 18.585599
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem