LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Karen's Corner Cottage | LekkeSlaap
+23

Karen's Corner Cottage

8 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Margaretlaan 9, Bridgewater, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Karen's Corner Cottage is 'n oulike kothuis wat die ideale basis is vir 'n heerlike vakansie in die Boland. Die kothuis is net 1 km van Mediclinic Vergelegen Hospitaal af en is daarom ideaal vir gaste wat pasiënte by die hospitaal kom besoek. Dis ook naby winkels en restaurante en die see is net 4 km ver.

Die kompakte eenheid is goed toegerus met moderne geriewe, insluitend lugversorging. Daar is 'n Victoriaanse koningingrootte-koper-en-ysterbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kothuis het 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale, gratis WiFi, 'n haardroër en 'n strykyster. Die kothuis is ook met 'n mikrogolfoond, yskas, ketel, broodrooster, elektriese eierkoker, basiese eetgerei en breekware toegerus. Komplimentêre koffie, tee, melk, suiker, beskuit, ys, vrugte en water word met aankoms voorsien.

Veilige parkeerplek onder 'n afdak is beskikbaar.

Buite is daar 'n privaat tuin vir gaste se uitsluitlike gebruik met 'n kafee-tafeltjie en -stoele, 'n tuinbankie en gemaklike sonstoele waar gaste lekker kan ontspan met 'n glasie wyn of 'n skemerkelkie. Daar is ook draagbare braaigeriewe. Klein goedgemanierde troeteldiere word toegelaat.

Karen's Corner Cottage is naby verskeie pragtige wynplase, 5 km vanaf Vergelegen-, Water kloof, Morgenster- en Lourensford-wynlandgoed en net 2 km vanaf die gholfbaan.
Vir natuurliefhebbers en sportliefhebbers is daar die Helderberg Natuurreservaat met pragtige fietsry- en staproetes en die lieflikste natuurskoon gerieflik slegs 4 km ver.

Die mooiste wynplase is slegs 'n paar kilometer vanaf die kothuis. Stellenbosch is slegs 18 km van die kothuis af.

Slaapplek

’n Bespreking by Karen's Corner Cottage sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 8 resensies vir Karen's Corner Cottage
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Margaretlaan 9, Bridgewater, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
  • Gaste dink Karen's Corner Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R650
per nag (plek vir 2)
Vanaf R650
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Margaretlaan 9, Bridgewater, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe0213d92b7503913b1ad15eb750438831d3494f9365b21d6c823267a4ab4d12463aa420d07f86c01e017a52be664c130b032?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R650  per nag (plek vir 2) 8 5 1 5 9 Margaret Avenue Bridgewater 7130 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -34.093638362907 18.853595764072
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!