Kariza

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kariza is 'n selfsorgwoonstel op die grondvloer van die eienaars se huis in Yzerfontein se groen-gebied. Die woonstel is ideaal vir paartjies of individue wat op soek is na gerieflike verblyf in 'n rustige omgewing naby verskeie doendinge en met uitsigte oor die oseaan in die verte.

Die woonstel het 'n oopplan-leefkamer wat versier is in ligte, warm skakerings en toegerus is met 2 enkelbeddens (wat opgemaak kan word as 1 dubbelbed), ingeboude kaste en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Daar is ook 'n kombuisie met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, oondjie, tweeplaat-gasstofie, eetgerei en breekware.

Aan die een kant van die ateljeewoonstel is daar 'n slaapbank met 'n groot platskerm-TV en 'n groot skuifdeur wat lei na die stoep. Laasgenoemde het pragtige uitsigte oor die omgewing en is toegerus met 'n tafel, stoele en braaigeriewe. Piekniekmandjies kan op versoek teen 'n ekstra koste gereël word.

Doendinge in die omgewing sluit in: waterski, bootvaarte, visvang, branderplankry en walvis- en dolfynkyk (binne seisoen).

Slaapplek

'n Bespreking by Kariza sluit in:

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kariza gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 028 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za