Fouriesburg Akkommodasie by Karmel Guest Farm | LekkeSlaap
+59

Karmel Guest Farm

14 resensies
Gastehuis
Winteraanbod 25% af

Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 10 Jul 2020 tot 31 Aug 2020.

  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Karmel Farm, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 R600 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Karmel Guest Farm skuil aan die voet van die prentjiemooi Malutiberge en bied verblyf naby die dorpie Fouriesburg in die Oos-Vrystaat. Dit is sowat 3 ure se ry vanaf Johannesburg en is dus die ideale oornagplek vir reisigers of gaste wat 'n wegbreek soek en die plaaslewe wil ervaar.

Dié gasteplaas bied verblyf in 5 eenhede en het slaapplek vir tot 16 gaste. Die verblyf kan alleenlik bespreek word, maar daar is ook selfsorg-opsies. Die hoofhuis het 3 slaapkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede en derde slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens. Daar is 1 badkamer in die huis en 1 ruim badkamer apart van die huis met 'n uitsig op die berge.

Die rondawel bied slaapplek vir 2 gaste en het 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die woonstel het 2 slaapkamers wat elkeen 2 enkelbeddens het. Daar is 1 badkamer met 'n stort en 'n toilet en 'n klein kombuisarea.

Kamer 1 en 2 bied elk slaapplek vir 2 gaste, met 'n stort en 'n toilet in elke kamer.

Daar is braaigeriewe met 'n pragtige uitsig op die plaas, asook 'n pizza-oond. Doendinge in die area sluit voetslaan-, motorfiets- en bergfietsroetes in en gaste kan 'n piekniek geniet, hengel, op 'n wildrit gaan en vele meer.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Wynproe
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe
  • Xhosa

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 14 resensies vir Karmel Guest Farm
Netheid
4.5/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Karmel Farm, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Gaste dink Karmel Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R800
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)
was R800
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Karmel Farm, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAchxNY0AQ9ngp5aowekMZ96my7wCsxMxUBmEOg0lH730iah2f73?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R800, nou Vanaf R600  per nag (vir 2 persone) 14 5 1 5 Karmel Farm Fouriesburg 9725 Vrystaat 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -28.566608212591 28.209932940291
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za