Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Karoo Karos

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Albertstraat 38, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Karoo Karos is 'n bekoorlike Georgiaanse selfsorghuis in die klein dorpie, Ladismith in die Klein-Karoo.

Die huis het slaapplek vir 11 gaste in 1 en suite-slaapkamer met 'n privaat ingang van buite die hoofhuis en 3 kothuise. Die slaapkamer en die kothuise word elkeen as 'n afsonderlike selfsorgeenheid verhuur.

Die slaapkamer, Mont Blanc, in die hoofhuis het 'n privaat ingang van buite die huis, 3 enkelbeddens waarvan 2 in 'n dubbelbed omskep kan word, en sy eie aparte badkamer. Daar is 'n TV, yskas en ketel, maar geen volle selfsorggeriewe vir kosvoorbereiding nie. Daar is wel 'n mikrogolfoond. Op die onderdakstoep is daar 'n tafel waar gaste kan eet. Die stoep het ook twee gemakstoele en 'n uitsig op die Swartberge. Die res van die huis word deur die eienaars bewoon, maar dit maak geen inbreuk op die privaatheid van gaste nie.

Cabernet beskik oor 3 enkelbeddens waarvan 2 in 'n dubbelbed omskep kan word. Die kothuis het 'n en-suite badkamer en lugversorging. Die klein kombuisie is met 'n yskas, mikrogolfoond, en 'n oondjie met 'n tweeplaatstofie en eetgerei toegerus. Dit het 'n privaat onderdakstoep met 'n pragtige uitsig op die Swartberge.

Witvy het 'n privaat slaapkamer en slaapplek vir 3 gaste, maar bied 1 verdere slaapplek in die sitarea op 'n enkel-divan. Geadverteerde pryse berus op die hoeveelheid persone. Witvy is volledig toegerus met 'n yskas, TV, mikrogolf, stofie en oond, en eetgerei. Daar is 1 badkamer en lugversorging. Geriewe word afgerond met 'n kuierafdak, toegerus met 'n ou houtstoof vir die koue winteraande.

Karoo Kraaltjie Deluxe is baie ruim en beskik oor een slaapkamer en aparte badkamer. Daar is 'n oopplan-sitkamer met lugversorging en 'n kombuis met 'n etenstafel. Buite is daar 'n privaat stoep, braaigeriewe, en 'n vuurpit. Daar is geen TV nie, slegs 'n radio en WiFi is beskikbaar.

Ander geriewe sluit gratis WiFi, koffie- en teemaakgeriewe in elke eenheid, 'n koolstoof, braaigeriewe en veilige parkeerplek op die perseel in. Daar is verskeie restaurante, 'n kafee, 'n en supermarkte binne loopafstand.

Besienswaardighede in die omgewing sluit Seweweekspoort en Towerkop in. Daar is ook verskeie warmbronne, en geleentheid vir fietsry en bergklim. Kom geniet die stilte, die sterre, ons pragtige natuurskoon en berge, of ontspan net op die stoep of om die vuur.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 125 resensies vir Karoo Karos
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Albertstraat 38, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Gaste dink Karoo Karos het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Albertstraat 38, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGU2NGUzMzE0LTVkYjItNDRkOS1hMjhlLWUxMmMyMDk1YjY3MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 125 5 1 5 38 Albert Street Ladismith 6655 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -33.496204948807 21.26836090802