Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Karoo Ridge Eco-lodge

Wildsplaas
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Karoo Ridge Eco-lodge, Karoo Ridge-bewarea, 58 km vanaf Middelburg, 5900, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 700 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Karoo Ridge Eco-lodge is in die Karoo Ridge-bewarea, sowat 58 km vanaf Middelburg in die Oos-Kaap geleë. Dié lodges skuil op 'n 5000 ha-plaas met inheemse Nguni- en Ankole-beeste en ander wild.

Die River Lodge is in 'n pragtige, stil vallei met ongelooflike natuurskoon geleë en is eenvoudig dog smaakvol versier. Die lodge is van herwinde materiaal gebou en beskik oor 4 slaapkamers wat elkeen 2 driekwartbeddens het. Daar is 2 slaapkamers wat elk 'n suite-badkamer en 'n koninggrootte-bed op versoek het, en die gaste in die ander 2 slaapkamers deel 'n badkamer met bad- en stortgeriewe. Al die slaapkamers lei na 'n sentrale oopplan-leefarea.

Die Mountain Lodge is in die berge se voorheuwels geleë en bied 'n pragtige horison-uitsig van die voorkant van die eenheid af. Daar is 2 slaapkamers, elk met 'n en suite-badkamer wat 'n bad en 'n stort het. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Twee stapeldeure in die oopplan-leefarea bied toegang tot die stoep waar daar hangstoele en sonstoele is.

Elke eenheid se kombuis is met 'n yskas, oond en 'n stoof toegerus. Iemand kan op versoek vir gaste kom kos maak, maar dit moet vooraf gereël word. Albei eenhede bied toegang tot groot stoepe met braaigeriewe en vuurputte.

Gaste kan lekker op die wandelpaaie gaan stap of hulle bergfietse saambring en die plaas op hulle eie tyd verken. Wees op die uitkyk vir die sebras, swartwildebeeste, gemsbokke, springbokke, swartwitpense en blesbokke. Daar is ook plaas-aktiwiteite en bewarea-toere waarna gaste kan uitsien. Verder bied die lodge ook spanbou-aktiwiteite, gesinspret en Pa-en-Seun-naweke.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 2 resensies vir Karoo Ridge Eco-lodge
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.5/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Helen Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 2

Jaar gelys 6

Ligging

  • Karoo Ridge Eco-lodge, Karoo Ridge-bewarea, 58 km vanaf Middelburg, 5900, Oos-Kaap
  • Gaste dink Karoo Ridge Eco-lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Karoo Oos-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Karoo Ridge Eco-lodge, Karoo Ridge-bewarea, 58 km vanaf Middelburg, 5900, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFlZTA2MTA0LWMyZTQtNDhlMi04MjE4LTAxNmI0NTMyMzRiMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 700 per nag, vir 2 mense 2 5 1 5 Karoo Ridge Eco-lodge Karoo Ridge Conservancy 5900 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.247916666667 25.44075
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem