Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Karoo Scense

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Beer-straat 7b, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R850 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Karoo Scense skuil net 'n entjie van die hoofpad af in 'n vreedsame hoekie van Prins Albert. Ons bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n bekoorlike en suite-kamer en kothuis wat albei onafhanklik is van die hoofhuis.

Hierdie kamer beskik oor 1 koninggrootte-bed wat as 2 enkelbeddens opgemaak kan word en 'n en suite-badkamer met 'n instapstort. Linne en handdoeke word voorsien. Die klein kombuis-area is toegerus met 'n ketel, broodrooster, yskassie, eetgerei en breekware. Koffie, tee, suiker en melk word voorsien. Daar is 'n waaier om die muskiete in toom te hou gedurende die somer, en in die winter sal die paneelverwarmer en die warmwatersakke jou warm hou.

Die ruim en helder oopplan-kothuis het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en daar is 'n en suite-badkamer met 'n stort. Linne en handdoeke word voorsien. Die eenheid bied ook 'n sitarea en 'n kombuisie wat toegerus is met 'n tafeloppervlakte, elektriese oond, 'n groot yskas-vrieksas, broodrooster en 'n ketel, asook kookgeriewe, eetgerei en breekware. Jy sal ook melk, koffie, tee, suiker en heerlike tuisgemaakte dadelballetjies kry om jou te laat welkom voel. Daar is 'n muurverwarmer en warmwatersakke om jou te help die Karoo-winternagte trotseer en 'n beskutte, private binnehof waar jy die sonnetjie kan vang.

Etes kan genuttig word in die klein eetarea of in die skaduwee in die privaat binnehof. Gaste kan heerlike wandelinge onderneem en sal mal wees oor al die skadubome en die tuin met sy braaiplek. Veilige parkeerplek van die straat af word voorsien.

Dis troeteldiervriendelik, maar moet vooraf gereël word.

Prins Albert se restaurante, supermarkte en besienswaardighede is stapafstand vanaf Karoo Scense. Van die besienswaardighede sluit in: The Showroom Theatre, 'n museum, kunsgalerye, en winkels met kuns, handwerk en plaaslike produkte (begeleide toere is beskikbaar). Brita bied reiki en masserings aan in haar "Geneesgrot" en daar is 'n joga-ateljee oorkant die pad.

Gaste kan gerus ook 'n draai gaan maak by die wyn-, olyf- en vyeplase in die omgewing. En dan is daar natuurlik ook nog pragtige paaie in die Swartberge wat verken kan word.

Jou gasvrou en gasheer, Brita en Mark, sien uit daarna om jou by Karoo Scense te verwelkom.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 15 resensies vir Karoo Scense
Netheid
4.3/5
Diens
4.1/5
Ligging
3.9/5
Veiligheid
4.2/5
Waarde vir geld
3.8/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4/5

Brita Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 15

Jaar gelys 8

Ligging

  • De Beer-straat 7b, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
  • Gaste dink Karoo Scense het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R850
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R850
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Beer-straat 7b, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRlNDM2NmNmLTUyNzYtNDcxNC05OWI5LTZmNTk2NzBhZmZhMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag, vir 2 mense 15 5 1 5 7b De Beer Street Prince Albert 6930 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -33.217960684735 22.030519545078
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem