Karoo Sun Boutique Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 30 % af

Kry 30% af. Geldig vanaf 16 Okt 2019 tot 31 Jan 2020.

Beskrywing

Karoo Sun Boutique Guest House bied moderne, gerieflike en skoon verblyf in 'n veilige buurt. Dis langs Roete 62 in die hartjie van Oudtshoorn oorkant die Oudtshoorn Hospitaal. Uitsonderlike diens en waarde vir geld is gewaarborg! Dit word deur eienaars Reynardt en Hermien bestuur.

Die stylvolle kamers is modern ingerig en beskik elk oor satelliet-TV, 'n lessenaar, en koffie- en teemaakgeriewe. Daar is ook lugversorging en 'n en suite-badkamer. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die tarief is slegs vir die kamer, maar ontbyt is teen ekstra koste beskikbaar. Vir aandete kan gaste gebruik maak van die gratis pendeldiens wat sommige restaurante bied of 'n ete bestel wat gratis afgelewer word.

Karoo Sun Boutique Guesthouse het ook 'n dranklisensie. Gaste kan in die gesellige sitkamer, moderne tuin, op die sonnige terras of langs die swembad ontspan.

Die gastehuis is stapafstand vanaf restaurante, hospitale en winkels. Dorpe soos George, Mosselbaai en Prins Albert is net 45 tot 80 minute se ry van ons af. Karoo Sun is dus ideaal as basis vir daguitstappies. George se lughawe is net 50 minute se ry van ons af en lughawevervoer is teen ekstra koste beskikbaar.

Die Kangogrotte is slegs sowat 30 minute se ry van ons af. Die sirkelroete oor die pragtige Swartbergpas tot in die klein dorpie, Prins Albert, en weer terug deur Meiringspoort, is ‘n besliste moet. Die jaarlikse KKNK, bergfietsritte, valskermspring, volstruisplase, watervalle, krokodil-duike, olifante, leeus, wynproe, historiese argitektuur, museums en kuns is maar net ‘n paar van die ander aktiwiteite en besienswaardighede wat Oudtshoorn aan besoekers bied. Ons help gaste graag met ‘n lys en kaart van doendinge in die omgewing.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Karoo Sun Boutique Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 R770 per nag (vir 2 mense)

Kry 30% af. Geldig vanaf 16 Okt 2019 tot 31 Jan 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za