Karoo Theatrical Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Karoo Theatrical Hotel is op 'n plaas buite die dorp Steytlerville geleë waar ons vierpotige vriende jou sal begroet en onmiddellik heeltemal tuis sal laat voel.

Verblyf word aangebied in 9 kamers gemaklike, netjiese en suite-dubbelkamers. Elke kamer beskik oor 'n Cloud 9-matras, 'n koningingrootte-bed wat oorgetrek is met perkallinne, kontoer-gemakkussings en opgepofte holvesel-duvets.

Skop jou skoene uit en ontspan op een van ons weelderige rusbanke op die stoep. Hier by ons kan jy kraakvars Karoo-lug inasem. Gee jouself oor aan die wonderskone uitsigte en die ooptes van die suisende vlaktes en die omliggende berge. Kom geniet ons tuin, ons perfekte grasperk, die skitterende swembad, of wandel rustig na ons dam en besigtig die talle voëltjies wat hier rinkink.

Oscar se privaat kroeg is vir die uitsluitlike gebruik van ons gaste en het 'n antieke snoekertafel wat jou sal naderwink vir 'n potjie en, miskien, 'n herontdekking van jou snoekertalent terwyl jy jou dors les.

Aandetes is à la carte op weeksaande. Jacques se spyskaart bevat 'n groot verskeidenheid smaaklike geregte wat streng vegetariese en vegetariese geregte insluit. Jacques berei hierdie geregte self liefderik voor. Jy is welkom om vir Mark te vra om jou te "serenade" op sy Bleuthner-vleuelklavier terwyl jy jou ete nuttig, en miskien sing Jacques ook vir jou 'n lied of twee. Min goed klop Jacques se poeding: varsgemaakte wafels en tuisgemaakte roomys wat met goue stroop bedien word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits
  •  Spaans
  •  Switsers

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Karoo Theatrical Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R840 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za