Karusa's Family Farm Cottage
Kry 30% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vogelsang Boerdery, Schoemanshoek, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 13
-
Vanaf
R1 550R1 085 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Karusa Farm Cottage is in die hartjie van die Kangovallei op die Vogelsang-plaas in Schoemanshoek. Dit is langs die R26 op pad na die wêreldbekende Kangogrotte geleë.
Dié kothuis bied fantastiese berg- en landskapuitsigte tussen die wingerde en boorde, en is ideaal vir 'n rustige wegbreek. Die kothuis het minimum-kragtoevoer wat hoofsaaklik vir beligting gebruik word.
Die kothuis het 'n oopplan-uitleg en beskik oor 2 slaapkamers, 'n kombuis wat volledig toegerus is en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 'n tripelstapelbed met 'n driekwartbed onder en enkelbed bo. Die badkamer het 'n gasgeiser, stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is toegerus met 'n tweeplaat-gasstoof, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware, en ander kookgerei. Daar is ook 'n binnebraai, eetarea en 'n sitarea met gemaklike sitplek.
Die stoep het stoepmeubels en 'n draagbare braai. Die grasperk is ruim met 'n lieflike peperboom vir piekniek onder die sterre.
As deel van die verblyfpakket ontvang gaste 2 komplimentêre wynproe-ervarings by Karusa Landgoed. Verblyf sluit handdoeke, seep, gemaalde koffie, 'n verskeidenheid tee, suiker, melk, ys, braaihout, ontbythappies, vrugte, water en nougat in. 'n Volledige gids met doendinge in die omgewing, 'n R62-kaart met al die bekende besienswaardighede en tydskrifte gepas vir buitelug-doendinge is in die kothuis beskikbaar.
Doendinge op die plaas sluit 'n voetslaanroete van 6 km deur die wingerd en 'n bergfietsroete van 26 km op die agterpaaie van Schoemanshoek in. 'n Piekniekmandjie is op versoek beskikbaar.
Daar is 'n pakhuis stapafstand vanaf die kothuis wat gevul is met gehalte-steenvrugte, 'n wynkelder wat Mediterreense wyne sowel as sy eie MCC produseer, en 'n restaurant wat bekend is vir sy pizza- en tapas-spyskaart.
Slaapplek
’n Bespreking by Karusa's Family Farm Cottage sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Opsomming van Resensie
Ligging
- Vogelsang Boerdery, Schoemanshoek, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
- Gaste dink Karusa's Family Farm Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Oudtshoorn Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vogelsang Boerdery, Schoemanshoek, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 13