Kasito Luxury Holiday Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kasito is 'n ruim woonstel wat op die randjie van Margate se Marine-rylaan geleë is. Hierdie selfsorg-eenheid is sentraal geleë en gaste kan dit as basis gebruik om Margate se strande te verken.

Die eenheid is volledig gemeubileer en ideaal vir selfsorg. Daar is 'n ruim oopplan-kombuis met die nodige eetgerei en elektriese kombuistoebehore. Die sitkamer het gerieflike rusbanke en 'n TV met DStv-koppelpunt. Bring asb. jou eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saam. Die slaapkamers beskik oor linne en plafonwaaiers en die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer. Daar is ook 'n volledige gastebadkamer en 'n patio met meubels. Die hoofslaapkamer het 'n gemaklike koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n tripelslaapbank. Bring asb. jou eie strand- en badhanddoeke saam.

Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en 'n braaiplek. Die eenheid het 1 onderdakparkeerplek met 24 uur-sekuriteit.

Margate het baie doendinge en besienswaardighede, soos die Skyline Natuurreservaat en die Margate Country Club.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Zoeloe

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kasito Luxury Holiday Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za