Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kastelein

  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dr Jansen-straat 176, Pongola, 3170, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Kastelein is ‘n nuutgeboude gastehuis in Pongola, gerieflik geleë op pad na die N2, halfpad tussen KwaZulu-Natal en die noordelike provinsies.

Kastelein bied gerieflike en elegante akkommodasie aan sakereisigers en vakansiegangers, tog is ons tariewe bekostigbaar en ons omgewing gemaklik en ontspanne. Daar is 5 dubbelkamers. Elke kamer het sy eie ingang vanaf die stoep of balkon en beskik oor 'n en suite-badkamer, kombuisie, sitarea, DStv en lugversorging.

Kastelein is baie opmerklik in Pongola met sy bekoorlike koloniaal-geïnspireerde boustyl. Ons ontvangsarea en eetkamer is in die oorspronklike woning met 'n ingang vanuit Dr Jansenstraat, terwyl die gastekamers in die sjiek agterplaas en fraai, klein binnehof is.

Kastelein bedien nie enige maaltye nie, maar die kamers het kombuisies wat vir selfsorgdoeleindes toegerus is.

Daar is veilige onderdakparkeerplek, 'n plonspoel en 'n tuin-area waar jy rustig kan ontspan.

Kastelein is gerieflik geleë en bied maklike toegang tot die Elephant Coast-oorde, 'n hele rits wildreservate en -plase, en die King Shaka Internasionale Lughawe.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 69 resensies vir Kastelein
Netheid
5.0/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Dr Jansen-straat 176, Pongola, 3170, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Kastelein het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dr Jansen-straat 176, Pongola, 3170, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDE0ZDU1Y2M1LWRmMmEtNDJmMS1hNjYxLTI4NzYyMjJlMmVkOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 69 5 1 5 176 Dr Jansen Street Pongola 3170 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -27.378436561512 31.621647754631