Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kata Charis Lakeside Lodge

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Emmettstraat, Kiepersol, Hazyview, 1241, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Hierdie is beslis 'n natuur-liefhebbers paradys: dit spog met asemrowende uitsigte oor die pragtige Sabie Rivier Vallei. Geleë aan die rant van die ongekunstelde berge van die Hazyview-Kiepersol Bewaringsarea, kyk Kata Charis uit op 'n pragtige 3ha dam - 'n verborge juweel.

Die omliggende area is vreedsaam met volop plant- en dierlewe - ryk aan voëllewe, inheemse- en uitheemse boomspesies, asook wilde-blommeprag. Dalk is jy gelukkig genoeg om 'n gapende seekoei, 'n swewende visvanger of 'n rare poeierkwas-lelie in blom te sien, of selfs 'n Visarend te hoor roep.

Bring jou visstok en jy vang dalk daai grote!

Ons vertrou dat jy en jou familie of vriende 'n onvergeetlike tydjie by ons sal hê en by Kata Charis is alle kinders welkom!

Daar is twee luukse en eksklusiewe selfsorg chalets, elk met lugreëling, ten volle toegerus en gediens, wat gemaklik tot 6 mense kan slaap.

Elke chalet beskik oor twee ruim en-suite kamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningin-grote bed met 'n aparte badkamer en stort. Die tweede kamer het twee enkelbeddens met 'n pragtige groot stort. Alle kamers het voldoende kas-ruimte. Daar is ook twee enkel slaapbanke in die woonkamer.

Vars, 200-draad-telling nou-geweefde perkallinne en hipo-allergene kussings word voorsien, asook dons-sagte wit handdoeke. Elke chalet se binne-ontwerp is uniek met pragtige oorspronklike kunswerke. Elke kombuis is toegerus met 'n yskas/vrieskas, mikrogolfoond, stoof, broodrooster en ketel. Eetgerei en breekware vir 6 mense word voorsien.

Ontspan op die groot stoep met houtdek en braai-geriewe, terwyl jy uitkyk oor die kalm waters van die pragtige meer en die volop voëllewe in die boomryke tuin geniet.

Onthou asseblief vuurhout of houtskool asook vuur-aanstekers. Veilige, skadu-parkering vir twee voertuie is beskikbaar. Tuis-onderrig vriendelik.

Indien jy nie ontspan by die vreedsame Kata Charis nie, bied Hazyview en die omloggende area baie genotvolle aktiwiteite. Die asemrowende uitsigte van die Panorama Roete, oop-voertuig wildritte in die Kruger Nasionale Park, opwindende avonture op die Sabie Rivier in 'n vlot of binneband, abseil of blaardak-gly in 'n inheemse woud. Dit is slegs 'n paar van die vele aktiwiteite wat die Laeveld bied.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 61 resensies vir Kata Charis Lakeside Lodge
Netheid
4.9/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Emmettstraat, Kiepersol, Hazyview, 1241, Mpumalanga
  • Gaste dink Kata Charis Lakeside Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Emmettstraat, Kiepersol, Hazyview, 1241, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDEwYTg2MzJlLWMzZWYtNGZlYS04MDliLWFiNDc5YjJlZWUxYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 61 5 1 5 Emmett Road Kiepersol 1241 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -25.044081508244 31.037406921387