Rustenburg Akkommodasie by Kaya-Inkuni | LekkeSlaap
+21

Kaya-Inkuni

19 resensies
Wildsplaas
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wysfontein 427, Moedville, Rustenburg, 0348, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R900 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Kaya-Inkuni is op 'n privaat wildreservaat geleë, ongeveer 30 km buite Rustenburg. Die wildlodge is ook naby Pilansberg Nasionale Park, Sun City en Chameleon Village en bied verblyf in die ongerepte bosveld.

Kaya-Inkuni bied verblyf in 3 luukse kamers, die Warthog-gesinskamer, 3 boskampe en die privaat Ntsimbi-kothuis. Die luukse kamers het 'n elegante Afrika-tema, dubbelbeddens en en suite-badkamers. Die Warthog-gesinskamer het 4 enkelbeddens en 'n volledige badkamer. Die boskamp het 3 luukse houthuisies wat in bos skuil. Die privaat Ntsimbi-kothuis het 2 en suite-kamers, 'n kombuis, lapa-area en 'n braai-boma. Daar is ook 'n swembad-area 200 m van die lodge af.

Ander gemeenskaplike geriewe by die lodge sluit 'n swembad en 'n lapa met 'n braai in. Daar is baie sitplek by die lapa en gaste kan heerlik om die vuur ontspan. Daar is 'n spa op die perseel waar gaste teen ekstra koste behandelings kan geniet.

Kranige voëlkykers sal die oorvloedige voëllewe geniet. Gaste kan ook 'n regte safari-wildrit by die lodge geniet. Die wildreservaat is 'n tuiste vir baie diere, onder andere blouwildebeeste, rooibokke, koedoes, vlakvarke, rooihartebeeste, duikers, steenbokke, sebras, blesbokke, rietbokke en luiperds.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Groot 5

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • DVD-speler
  • Witborde
  • Televisie
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 19 resensies vir Kaya-Inkuni
Netheid
4.7/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Wysfontein 427, Moedville, Rustenburg, 0348, Noordwes
  • Gaste dink Kaya-Inkuni het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Rustenburg Noordwes
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wysfontein 427, Moedville, Rustenburg, 0348, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDY3ZmNkODFjLTJmYzctNDZkZS05MjdjLTU2YWYyM2Q5YzI3NA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R900  per nag (vir 2 persone) 19 5 1 5 427 Wysfontein Moedville 0348 Noordwes 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -25.649204120345 26.9865743074
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za