Kazuri @ the Beach

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kazuri @ the Beach is ideaal vir 'n naweekwegbreek of 'n rustige vakansie in Voëlklip, net 6,5 km vanaf Hermanus se middedorp.

Die huis het slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers en daar is 3 badkamers, en 'n oopplan-kombuis, eet en leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer en die ander twee slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens en en suite-badkamers. Die derde slaapkamer kan net van buite af bereik word so dit is ideaal vir ouer kinders en grootouers.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n stoof en oond, mikrogolf, yskas-vrieskas en 'n wasmasjien. Die eetarea het 'n etenstafel vir ses mense. Die sitarea het 'n TV met volledige DStv. En daar is 'n kaggelstofie vir snoesige wintersaande.

Buite is 'n heerlike onderdakhoutdek met buitemeubels, 'n piekniektafel, 'n draagbare braai en 'n ketelbraai. Die dek lei na 'n swembad en 'n omheinde tuin. Kazuri @ the Beach is troeteldierevriendelik en honde met goeie maniere is welkom.

Dié helder selfsorg-strandhuis is net 3 minute se stap vanaf die strandmeer en 'n lieflike, oop strand, en dit is ook lekker naby Grotto-strand.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kazuri @ The Beach gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 385 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za