Kedu River Lodge and Toscan River Estate

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kedu River Lodge and Toscan River Estate lê op die oewer van die Vaalrivier. Dié lodge en landgoed in Lindequesdrif bied rustig, veilige verblyf weg van die stad se rep en roer af. Dit is net 'n uur se ry van Johannesburg af.

Ons het 4 standaard oopplan-huisies met dubbelbeddens, stapelbeddens en selfsorgfasiliteite. Ons het ook 4 luukse selfsorghutte. Elkeen van dié hutte het 'n koningingrootte-bed, dubbelbed en 'n enkelbed MET SLAAPPLEK VIR 4 VOLWASSENES OF 5 GASTE, WAT KINDERS ONDER 12 INSLUIT. Elke hut het sy eie badkamer met 'n toilet, wasbak en stort, en daar is lugversorging wat kan verkoel en verhit.

Komplimentêre koffie- en teemaakgeriewe, haardroërs, en horlosie-wekkers word voorsien. Rook is verbode in al die huisies. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asseblief hul eie swemhanddoeke saambring.

Daar is 10 karavaanstaanplekke met rivier-uitsigte en puik ablusieblokke.

Basiese geregte is beskikbaar by Nevilles Nest River Deck op die perseel, so dit is glad nie 'n probleem as jy nie lus is vir kook nie. Spyseniering is ook beskikbaar vir spesiale geleenthede en korporatiewe funksies. Nevilles Nest het 'n pooltafel en 'n grootskerm-TV vir sportliefhebbers. Tref asb. reëlings vir etes vooraf.

Neville's Nest is ideaal vir gaste wat 'n yskoue bier of 'n wyntjie op 'n pragtige houtdek wil geniet terwyl die son sak.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kedu River Lodge And Toscan River Estate gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R400 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za