Keerom House

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 25 % af

Kry 25% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Keerom House is ’n tweeslaapkamerhuis wat smaakvol gemeubileer is en is in ’n stil straat in die middel van Stellenbosch. Dié huis het natuurlike houtvloere en ’n groot onbedekte veranda, waar gaste ’n ontspanne namiddag kan geniet terwyl hulle braai en die gedeeltelike uitsig op die Stellenbosch-berge in die verte kan geniet.

Die huis bied slaapplek aan 4 gaste in 2 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer kyk uit oor die tuin en het ’n koninggrootte-bed asook ingeboude kaste. Die tweede en kleiner slaapkamer het 2 enkelbeddens en ingeboude kaste. Een van die en suite-badkamers het ’n stort en die ander ’n bad. Die kombuis is met ’n yskas, oond en stoof en ’n mikrogolfoond toegerus.

Verder is daar ’n ingangsportaal, sitkamer met ’n TV en sekere DStv-kanale, eetkamer met sitplek vir 8 gaste en ’n gastetoilet. Die hoofleef-area het lugversorging met warm en koue lug, en daar is ’n kaggel in die sitkamer.

Alle kamers het waaiers en verwarmers. Badhanddoeke en linne word verskaf, en vir gaste wat langer bly, kan 'n skoonmaakdiens gereël word.

Die veranda bied ruim sitplek en vuurmaakplek vir braai. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel agter 'n outomatiese hek. Die middedorp is 1 km vanaf die verblyf waar daar winkels, restaurante en kafees is.

Slaapplek

'n Bespreking by Keerom House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Kantoorgeriewe

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Keerom House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 952 R1 464 per nag (vir 4 mense)

Kry 25% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za