LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Kemi Country Cottage | LekkeSlaap
+5

Kemi Country Cottage

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Olienhoutlaan 4, Caledon, 7230, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 400 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Kemi Country Cottage is 'n pragtige selfsorg-kothuis met 'n oopplan-uitleg in 'n stil doodloopstraat in Caledon. Dis sowat 1,2 km vanaf die middedorp. Kemi Country Cottage is die ideale verblyf vir gaste wat 'n troue of funksie in die omgewing bywoon, 'n sakereis of 'n naweekwegbreek in die platteland. Dis ook die ideale basis waarvandaan gaste die Overberg en omgewing kan verken. Daar is talle eetplekke in die dorp.

Die kothuis is gerieflik gemeubileer en het sy eie ingang en slaapplek vir 4 gaste. Dit beskik oor 2 slaapkamers, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Dié 2 kamers deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is met 'n stoof, yskas en 'n mikrogolfoond toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 4 gaste en 'n knus kaggel. Die sitkamer bied 'n platskerm-TV met Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar.

Gaste kan in die somer op die stoep sit en by die losstaande braai met 'n uitsig oor die platteland kuier en in die winter van die kaggel gebruik maak. Die kothuis het 'n tuin en onderdakparkeerplek.

Ontbyt- en middagetepakkies is op versoek en teen 'n ekstra koste beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Kemi Country Cottage sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 1 resensie vir Kemi Country Cottage
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Olienhoutlaan 4, Caledon, 7230, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kemi Country Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 400
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R1 400
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Olienhoutlaan 4, Caledon, 7230, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0fa20a392b8c61fc13045fb08e652a491e2db9c1e1d282e0239be711fa4da51d670417ded975392962b560b260342b9913a5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400  per nag, vir 4 mense 1 5 1 5 4 Olienhout Avenue Caledon 7230 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -34.231626159097 19.419526957062
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!