Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kennedys Beach Villa

Gastehuis
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Disastraat 5, Onrus River Beach, Onrusrivier, 7201, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 780 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Kennedy's Beach Villa is by die Onrusriviermonding geleë met ongelooflike uitsigte oor die natuurskoon wat enige oordeelkundige gas van 'n uitsonderlike, eksklusiewe en luukse ervaring verseker. Dit is 'n móét vir ongeneeslike romantici, buitelug-entoesiaste en fynproewers wat op soek is na 'n manjifieke wegbreek aan die Kaapse Walviskus.

Kennedy's is 'n uur se ry van Kaapstad af en 'n paar minute van die hartjie van Hermanus af. Dit is 'n glansryke boetiekgastehuis met 2 unieke verblyf-opsies.

Die Beach Villa en Beach-suite bied 2 heeltemal verskillende wêrelde - maak seker jy bespreek die een wat jy verkies. Die Villa: uiters privaat, romanties, ouwêrelds, ruim, skuil tussen die melkhoutbbome. 'n KolKol-warmbad (teen 'n ekstra koste) met uitsig op die see, strand en strandmeer is beskikbaar. Dit beskik oor sy eie strandjie by die strandmeer-/strand-area. Daar is ’n bad in die woud. Dié villa moet liefs nie deur bejaardes bespreek word wat moeilik loop nie, of gaste wat ’n moderne interieur verkies nie.

Die Beach Suite is baie kleiner, en het ’n stand-gevoel met pragtige uitsigte op die berg, strand en strandmeer. Die Jacuzzi is ’n wenner en eksklusief.

Beach Villa skuil tussen eeue-oue melkhoutbome en spog met 'n kenmerkende ouwêreldse elegansie en weelderige interieur wat koninklikheid uitstraal. Hierdie private toevlugsoord is verwyder uit die kloue van 'n moderne eeu en bied jou die geleentheid om te herstel en ontspan. Daar is ’n strand-uitsig van die balkon af, en daar is ook ’n uitsig oor die strandmeer, strand en bergreeks by jou eie privaat strandjie, slegs ’n paar meter ver van die villa af. Verlustig jou in 'n sensuele melkbad onder 'n digte blaredak, hou die voëls dop van jou privaat strand af en ontspan met 'n verkwikkende massering of rustige middagslapie in die hangmat in die sprokiesagtige, woudagtige dal. 'n KolKol spa-bad is beskikbaar.

Die pragtig ingerigte Beach Suite is ideaal vir gaste wat lief is vir die see en bied panoramiese uitsigte op die berg en oor die strandmeer en see van die pragtige houtdek af. Hier is jy verseker van asemrowende sonsondergange in die Jacuzzi. Sonbaai op die dek, bederf jouself met 'n lieflike massering in die opelug of ontspan in die beeldskone omgewing terwyl jy kyk hoe die walvisse in die baai baljaar.

Kennedy's Beach Villa bied die perfekte kombinasie van 'n gerieflike ligging naby verskeie plaaslike besienswaardighede en uiterse privaatheid. Die prentjiemooi dorpie, Hermanus, bied onverbeterlike walviskykgeleenthede, 'n ongerepte kuslyn, manjifieke uitsigte op die berge, lowerryke plantegroei en is 'n gunsteling onder talle toeriste.

'n Heerlike Engelse ontbyt word op die rotse by Milkwood Restaurant bedien, net 4 minute se stap van Kennedys af. Dit is teen ekstra koste beskikbaar.

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Skoonheidskliniek
  • Spa-behandelinge
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • DVD-speler
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 25 resensies vir Kennedys Beach Villa
Netheid
4.6/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.2/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Ymile Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 25

Jaar gelys 12

Ligging

  • Disastraat 5, Onrus River Beach, Onrusrivier, 7201, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kennedys Beach Villa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Onrus Overberg Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 780
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 780
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Disastraat 5, Onrus River Beach, Onrusrivier, 7201, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDFiY2IxNGNmLWI3NjQtNDI2YS04MjlkLWM0ODgxNzE4MDVlNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 780 per nag (plek vir 2) 25 5 1 5 5 Disa Street Onrus River Beach 7201 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.418239163003 19.178416728973
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem