Kenyon House Arniston

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kenyon House Arniston is 'n ruim dubbelverdiepinghuis met slaapplek vir 12 gaste en is stapafstand van die strand af.

Dié huis front na die see en beskik oor 4 slaapkamers en 2 en suite-kothuisies buite. Een van die kamers is op die boonste verdieping en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die boonste en suite-kothuis het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort.

3 van die kamers, asook 1 en suite-kothuis is op die onderste verdieping. 2 van die kamers het elkeen 2 enkelbeddens en die derde kamer het 'n dubbelbed. Die kamers deel die gebruik van 'n badkamer met 'n bad. Die onderste kothuis het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Linne en handdoeke word voorsien. Bring asb. jou eie swemhanddoeke saam.

Die leefarea op die onderste verdieping het 'n oopplan-kombuis wat toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n etenstafel. Die leefarea het 'n TV met alle DStv-kanale en 'n kaggel. Die 2 kothuise het TV's met aparte DStv-kanale.

Daar is 1 braai-area in die omheinde agterplaas en 1 voor die huis met 'n see-uitsig. Die huis het 'n alarmstelsel met gewapende reaksie en word daagliks skoongemaak.

Arniston bied verskeie restaurante, lieflike strande, swemplekke, fietsry, perdry, bergfietsry, voetslaanroetes, visvang-plekke, walviskyk, duik tussen die skeepswrakke en vele meer. Gaste kan ook die Arniston Hotel en die Waenhuiskrans-grot besoek.

Slaapplek

'n Bespreking by Kenyon House Arniston sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 6 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kenyon House Arniston gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 734 per nag (plek vir 12)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za