Kestrel's Nest

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kestrel's Nest is 'n selfsorg-eenheid in 'n sekuriteitskompleks in Langebaan. Die kompleks is in die middedorp naby restaurante en winkels.

Die eenheid is ideaal vir 2 volwassenes en 2 kinders. Dit het 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed vir 2 kinders. Die badkamer het 'n stort, bad, wasbak en toilet.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, oond, stoof en ingeboude kaste. Die sitkamer langsaan het 'n TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar.

Daar is 'n swembad in die kompleks en gaste het 1 parkeerplek in die kompleks tot hul beskikking. Kestrel's Nest is sowat 300 m vanaf die strandmeer, 'n Spar-supermark, Sunnypark Pretpark, en veel meer.

Slaapplek

'n Bespreking by Kestrel's Nest sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kestrel's Nest gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 383 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za