Britanniabaai Akkommodasie by Kestrels View | LekkeSlaap
+63

Kestrels View

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Labeliastraat 11 , Britanniabaai, 7282, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 950 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Kestrels View is in Britanniabaai en is 50 m vanaf die strand. Dit bied die ideale vakansieverblyf vir gaste wat wil ontspan, naby die strand wil wees en 'n pragtige uitsig oor die see geniet en hulle honde wil saam bring.

Dié dubbelverdiepinghuis beskik oor 3 slaapkamers en 2 en ’n halwe badkamers. Daar is slaapplek vir 6 gaste.
Die onderste verdieping het 2 slaapkamers met ’n koningingrootte-bed elk, luukse wit linne, gemaklike kussings, wit houtmeubels en elk is volgens sy eie strandtema versier. Die twee kamers onder deel 'n groot badkamer.

Die hoofslaapkamer is op die eerste verdieping en het ’n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer, luukse wit linne, wit houtmeubels en 'n pragtige see-uitsig. Die kombuis en oopplan-sitarea is ook op die eerste verdieping. Die oopplan-sitarea het groot konsertina-deure wat lei na 'n stoep met 'n braai-area, stoepmeubels en 'n pragtige see-uitsig.

Die kombuis is goed toegerus met ’n stoof, oond, mikrogolf, ketel, 2 yskas-vrieskaste, potte, panne, breekware, eetgerei, vadoeke en skoonmaakmiddels. Die sitkamer spog met 2 groot gemaklike leerbanke, 'n kaggel, WiFi, ’n TV met 'n DStv-dekodeerder en Netflix. Gaste moet asseblief hul eie DStv-slimkaart saambring.

Die eenheid het ’n moderne alarmstelsel en daar is veilige parkeerplek vir 3 voertuie op die perseel.

Die eiendom het 'n groot grasperk, en 'n muur om die huis met 'n hek. Gaste kan hulle troeteldiere saambring indien dit vooraf gereël word.

Alhoewel kinders welkom is, moet ouers asb. daarop let dat die relings op die stoep 90 cm hoog is, en die spasie tussen elke reling 22 cm breed is. Daar is 2 stelle trappe in die huis met 'n houtreling. Die spasie tussen die houtreling is 20 cm breed. Ouers moet asseblief hulle jong kinders in die areas dop hou.

Slaapplek

’n Bespreking by Kestrels View sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 16 resensies vir Kestrels View
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Labeliastraat 11 , Britanniabaai, 7282, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kestrels View het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 950
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 950
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Labeliastraat 11 , Britanniabaai, 7282, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAajOKFEUJUGqU3Vj4EQAECDqb2M9cnmgYl41tbYZdBKSvoVYRqw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 950  per nag (plek vir 6) 16 5 1 5 11 Labelia Street Britannia Bay 7282 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -32.718215244381 17.938695404121
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za