Keurbooms River Lodge 1107

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Keurbooms River Lodge 1107 is geleë op die rivierfront van die Keurboomsrivier. Die eenheid is op die grondvloer.

Daar is 2 slaapkamers in die eenheid en elk het 'n en suite-badkamer. Die een badkamer het 'n stort en die ander 'n bad. Die kombuis is ten volle toegerus met die nodige geriewe soos 'n oond, gasstoof en mikrogolfoond asook wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser. Die kombuis en die leefarea is oopplan en daar is 'n TV.

Die fasiliteite wat in die kompleks beskikbaar is, sluit tennisbane, speelplek vir kinders, tuine, swembad.

Daar is ook veilige parkering vir motors, en bootsleepwa's word ook in die kompleks toegelaat agter die afstandbeheerde hekke.

Daar is ook plek om jou boot in die water te sit voor die kompleks. Die strand is net so klein entjie se stap ver, en Plettenbergbaai is sowat 10 min. se rit. Keurboomsstrand is ook slegs 5 min. se rit.

Kenmerke

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Kamergeriewe

  •  Sitkamer

Vermaak

  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Keurbooms River Lodge 1107 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za