Plettenbergbaai Akkommodasie by Keurbooms Strandhuis | LekkeSlaap
+11

Keurbooms Strandhuis

4 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Main Pad, , Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 700 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Keurbooms Strandhuis is 'n dubbelverdiepingvakansiehuis wat toegerus is vir selfsorg in Keurboomstrand, Plettenbergbaai. Dis ideaal vir 'n groep vriende of 'n gesin wat op soek is na gemaklike verblyf, na aan die strand en al die doendinge in die omgewing.

Die huis bestaan uit 4 slaapkamers, 4 badkamers en is volledig gemeubileer vir jou gerief. Die slaapkamers is ingerig met dubbelbeddens in 2 van die kamers en 2 enkelbeddens in die oorblywende kamers met gedeeltelike uitsigte oor die see en woud vanaf die balkon op die boonste vloer. Die badkamers het elkeen 'n stort of bad, met 'n wasbak en toilet. Die oopplan-kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n skottelgoedwasser en waterfiltreersisteem aan die kraan, en ander benodighede.

Die eetarea het 'n houttafel en stoele en die woonkamer het gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv. Jy is welkom om jou dekodeerder en slimkaart saam te bring. Gaste kan ook gebruik maak van ons braaigeriewe as jy nie lus is vir kook nie.

Daar is parkeerplek vir 2 voertuie. Die strandhuis is slegs 250 m van die strand af en dis slegs 'n kort rit tot in die middedorp en omliggende doendinge.

Die huis word nie aan matrieks vir Plett Rage-naweke verhuur nie.

Slaapplek

’n Bespreking by Keurbooms Strandhuis sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 8 persone
4 xEnkelbed / Driekwartbed
2 xDubbelbed

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 4 resensies vir Keurbooms Strandhuis
Netheid
4.8/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Main Pad, , Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Keurbooms Strandhuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 700
per nag (plek vir 8)
Vanaf R1 700
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Main Pad, , Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDYzMjJkZDdkLTk1NzAtNDJhNS05YTNjLTBmYWRiNTE1MWNjOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 700  per nag (plek vir 8) 4 5 1 5 Main Road Keurboomstrand 6600 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.003566327645 23.449927121401
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za