Keurkraal

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Keurkraal is in Keurboomstrand sowat 15 minute vanaf Plettenbergaai in Humansdorp se rigting. Die huis bied gehalteverblyf aan 'n gesin of vriende en is in die hoofstraat naby verskeie winkels, restaurante, die strand en vele besienswaardighede.

Daar is 2 eenhede, elk op 'n ander vloer. Die boonste eenheid het 'n groot balkon met 'n see-uitsig en die onderste eenheid het 'n kleiner stoep sonder 'n see-uitsig.

Albei eenhede het 2 slaapkamers met slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders in elke eenheid. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens.

Daar is kombuise in albei eenhede, elk toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, tweeplaatstoof en oondjie, broodrooster, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Verder is daar 'n tafel met toonbankstoele en 'n aparte badkamer met 'n stort-oor-bad, toilet en wasbak.

TV's is in albei eenhede beskikbaar. Gaste moet hul eie DStv-dekodeerder, afstandbeheer, slimkaart en kabels saambring.

Daar is 'n gemeenskaplike braai-area op die perseel. Webers word voorsien wat op die boonste eenheid se balkon of op die onderste eenheid se grasperk gebruik kan word. Albei eenhede het ook buitemeubels sodat gaste buite kan kuier.

Die eenhede is lekker na aan pragtige strande soos Keurboomstrand en The Waves, waar gesinne vir die dag kan uitspan of kan kyk hoe die son sak. Keurboomstrand bied baie visvang-geleenthede. Vir natuurliefhebbers is daar 'n rits voetslaanpaaie langs die Tsitsikamma-kus en Matjiesrivier.

Daar is 'n pragtige voetslaan- en bergfietsroete wat 4 km ver deur die mooi natuurskoon kronkel en vir oud en jonk geskik is.

Besienswaardighede in die omtrek sluit Robberg Natuurreservaat, Barnyard-teater en Keurboomsrivier in.

Geen troeteldiere word toegelaat nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Keurkraal gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za