Keylargo 25

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Keylargo 25 is 'n luukse eenslaapkamer-selfsorgwoonstel op die grondverdieping van 'n netjiese kompleks in Doonside, Amanzimtoti. Die woonstel is naby die strand wat deur 'n privaat hek in die kompleks bereik kan word. Daar is ook 'n natuurlike getypoel waar gaste lekker verder op die strand kan baljaar.

Die geteëlde woonstel is naby die sprankelende swembad en klubhuis. Dit bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders in 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en op 'n slaapbank in die sitkamer. Die slaapkamer en die sitkamer het plafonwaaiers wat met afstandbeheerders werk. Badhanddoeke word voorsien.

Die badkamer het 'n groot oopplan-stort en genoeg pakplek vir toiletware.

Die oopplan-kombuis is volledig toegerus met 'n mikrogolfoond, groot yskas-vrieskas en 'n stoof.

Die sitarea het 'n LED TV, DVD-speler en 'n OVHD-dekodeerder met sekere kanale.

Die kompleks het sekuriteit en is heeltemal omhein. Daar is ook afstandbeheerde toegang by die hoofhek. Gaste kan tennis- en muurbalspeel en van die gimnasium met beperkte toerusting gebruik maak. Daar is ook 'n waskamer met wasmasjien-tuimeldroër-geriewe.

Keylargo is sowat 25 km vanaf Durban en 65 km vanaf King Shaka Internasionale Lughawe.

Slaapplek

'n Bespreking by Keylargo 25 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Gimnasium

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Keylargo 25 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R820 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za