Nuweland Akkommodasie by KezKer's Guest Room | LekkeSlaap
+74

KezKer's Guest Room

  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Paradysweg 15, Nuweland, Kaapstad, 7700, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R580 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

KezKer's Guest Room bied oornagverblyf in die eienaar se huis. Dié gastekamer is in die boomryke en gegoede voorstad Nuweland geleë, naby die Kirstenbosch Botaniese Tuine, Nuweland Rugby- en Krieketgronde en Cavendish Square. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na skoon en gerieflike verblyf vir besigheid of plesier.

Dié gastehuis het verskeie Dubbelkamers en Luukse En suite-dubbelkamers met slaapplek vir 2 gaste elk. Die Luukse Dubbelkamers het en suite-badkamers en die Dubbelkamers deel 'n badkamer. Al die kamers het 3 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Daar is net 1 Luukse En suite-dubbelkamer wat 'n dubbelbed het. Let asseblief daarop dat slegs 2 kamers TV's met sekere DStv-kanale het. Elke kamer het ook 'n yskassie, mikrogolfoond, 'n ketel, koffie- en teemaakgeriewe wat daagliks aangevul word, badkamergeriewe soos seep, toiletpapier en klein handdoeke, 'n waaier en 'n brandblusser. Die kamers word elke dag skoongemaak.

Gaste kan gebruik maak van die gemeenskaplike selfsorg-kombuisgeriewe. Gratis WiFi en veilige parkeerplek agter 'n hek is beskikbaar.

Die eiendom is ook naby die Opper Liesbeekrivier Tuin, waar daar voetslaanroetes en 'n paar piekniekplekkies te vind is. Nuweland is ook langs Bishops Court en net 'n entjie se ry vanaf verskeie doendinge en ander besienswaardighede.

Kenmerke

Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 29 resensies vir KezKer's Guest Room
Netheid
4.2/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Paradysweg 15, Nuweland, Kaapstad, 7700, Wes-Kaap
  • Gaste dink KezKer's Guest Room het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R580
per nag (plek vir 2)
Vanaf R580
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Paradysweg 15, Nuweland, Kaapstad, 7700, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDg2YzQyMTUzLWQ4NTgtNGYyNC05YmM1LWMxOGU5OWRhNDcxNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R580  per nag (plek vir 2) 29 5 1 5 15 Paradise Road Newlands 7700 Wes-Kaap 086 999 0018 12:00-22:00 10:00 -33.980306779164 18.453036504299
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za