Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Khangela Private Game Lodge

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R22/Sodwanabaaipad, Hluhluwe, Durban, 3960, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Khangela Lodge is in die hartjie van Suidelike Maputaland geleë, net 16 km van die dorpie Hluhluwe af op pad na Sodwana. Dit maak deel uit van 'n privaat wildreservaat van 170 hektaar met sy eie sandwoud, doringveld, vleiland en graslande asook 'n oorvloed wild en voëls.

Die lodge het 3 luukse chalets met lugversorging wat versteek is in die bos met hul eie houtdekke wat uitkyk oor die kalm watergat. Elke kothuis beskik oor 'n koninggrootte-bed met gehalteperkallinne. Elke kothuis het ook 'n en suite-badkamer met 'n bad, binne- en buitestort en pragtige uitsigte oor die bosveld. Daar is slaapplek vir 6 volwassenes en 4 kinders onder 12 jaar indien matrasse vir kinders voor aankoms gereël is.

Khangela Lodge is toegerus vir selfsorg en word daagliks skoongemaak. Die hoof-leefarea is apart en het 'n ruim binne-buite-kroeg, gemaklike sitkamer met 'n platskerm-TV en volledige DStv, eetarea met 'n pragtige eetkamertafel met sitplek vir 12 en daar is ook 'n volledig toegeruste kombuis. Die leefarea lei na 'n enorme dek met 'n skitterende swembad met sonstoele en 'n vuurput onder die bome waar jy heerlik aan die einde van elke perfekte dag onder die pragtige sterrehemel kan ontspan.

Die reservaat het net kleinwild so dis ideaal vir rustige wandelinge op jou eie met uitstekende geleenthede vir voëlkyk langs die pad. Daar is verskeie staproetes op die reservaat en as jy hier rondwandel sal jy definitief 'n hele aantal spesies raakloop insluitend kameelperde, wildebeeste, njala's, vlakvarke, rooibokke, sebras, duikers, koedoes en apies.

Indien jy graag op 'n daguitstappie wil gaan, is daar vele interessante doendinge na aan die wildpark, soos Groot 5-wildkyktoere, gholf, olifant-uitstappies, bergfietsroetes, reptielparke en spa-behandelings.

Slaapplek

’n Bespreking by Khangela Private Game Lodge sluit in:

Koninggrootte-bed Kindermatras vir 2
Slaapkamer 1
Plek vir 4 persone
1 xKoninggrootte-bed
1 xKindermatras vir 2
Koninggrootte-bed Kindermatras vir 2
Slaapkamer 2
Plek vir 4 persone
1 xKoninggrootte-bed
1 xKindermatras vir 2
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 12 resensies vir Khangela Private Game Lodge
Netheid
5.0/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • R22/Sodwanabaaipad, Hluhluwe, Durban, 3960, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Khangela Private Game Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R22/Sodwanabaaipad, Hluhluwe, Durban, 3960, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAjplgNCW0iumcw4kdtZSVyI2nZv6lmEg3PWqsuYLY2lHORUUFLe?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 500 per nag (plek vir 6) 12 5 1 5 R22/Sodwana Bay Road Hluhluwe 3960 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -27.899733 32.352687