Khaya Langa Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Khaya Langa Guest House is 'n selfsorghuis in Machadodorp, wat amptelik as eNtokozweni bekendstaan. Dié bekoorlike gastehuis is smaakvol versier in 'n ongekunstelde Afrika-tema. Dit is ideaal vir motorfietsryers, oornagverblyf en groepbesprekings.

Daar is slaapplek vir 17 gaste: Die hoofhuis het slaapplek vir 14 en daar is 'n aparte woonstel met slaapplek vir 3. Daar is enkelbeddens in al die slaapkamers.

Die hoofhuis het 7 slaapkamers, 3 badkamers en 'n gastetoilet. Daar is 3 slaapkamers met 2 enkelbeddens, 2 slaapkamers met 3 enkelbeddens en 2 slaapkamers elk met 'n enkelbed. Elke badkamer het 'n stort.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n stoof, 'n mikrogolfoond en 'n ketel. Daar is 'n eetarea met sitplek en 'n kroeg sonder alkohol. Die sitkamer het gemaklike rusbanke en 'n TV met volledige DStv-kanale. Daar is 'n lapa en ook 'n speletjieskamer met 'n pooltafel. Braaigeriewe is ook beskikbaar.

Die aparte woonstel het 2 slaapkamers en 'n badkamer met 'n stort. Die 1 slaapkamer het 2 enkelbeddens en die ander slaapkamer het 'n enkelbed.

Slaapplek

'n Bespreking by Khaya Langa Guest House sluit in:

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Khaya Langa Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 050 per nag (vir 17 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za