Kiaat Caravan Park
- Kapasiteit: 30 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Perrys Plaas, Erfdeel 81 JU 9, Hazyview, 1242, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R300 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Kiaat Karavan Park is in Hazyview sowat 8 km van die Krugerwildtuin se Phabeni-hek af. Dis ook slegs 45 km vanaf die Paul Krugerhek en 21 km van die Numbi-hek af. Gaste kan oornag voordat hulle die Kruger besoek of 'n ekstra nag in die pragtige karavaanpark bly.
Kiaat Caravan Park is op 'n makadamiaplaas langs die Sabierivier met 'n oorvloed voëllewe in 'n pragtige, stil en veilige omgewing waar gaste die natuur kan ervaar.
Verblyf word op 9 ruim karavaan- en kampeerstaanplekke gebied, elk met sy eie kragpunt en braaigeriewe. Vuurmaakhout word vir die eerste aand voorsien. Luukse ablusiegeriewe en opwasgeriewe is beskikbaar.
Kiaat Caravan Park het 'n kragopwekker om tydens kragonderbrekings te help. Die kragopwekker word aangeskakel tussen 19:00 en 21:00 en tussen 05:00 en 07:00.
Dis in Hazyview naby die Krugerwildtuin en 40 km van die Panoramaroete, Graskop en Pelgrimsrus af. Plekke soos God's Window, Wonderview en verskeie watervalle kan ook besoek word.
Die Sabie-pad is tans toe en gaste sal nie van Sabie na Hazyview kan ry nie.
'n Kragopwekker is beskikbaar vir wanneer beurtkrag inskop.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Selfsorg
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Irma Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 129
Jaar gelys 13
Ligging
- Perrys Plaas, Erfdeel 81 JU 9, Hazyview, 1242, Mpumalanga
- Gaste dink Kiaat Caravan Park het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hazyview Kiepersol Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 30 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Perrys Plaas, Erfdeel 81 JU 9, Hazyview, 1242, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom