Kidd's Beach Holiday Home

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kidd's Beach Holiday Home bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n dubbelverdiepinghuis in Leisure Bay, 'n idilliese kusdorpie. Dié vakansiehuis is net 300 meter van Peter Pan Beach af en 7 km vanaf die vakansiedorpie genaamd Port Edward.

Die dubbelverdiepinghuis het 3 dubbelkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-sitkamer, -eetkamer en -kombuis. Die ruim oopplan-area is op die grondvloer en daar is nog 'n sitkamer op die boonste vloer. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolf, oond en stoof, en 'n broodrooster. En dan is daar ook nog 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër vir gaste se gerief.

Gaste het natuurlik ook toegang tot 'n stoep met 'n ingeboude braaiplek en 'n dubbelmotorhuis.

Slaapplek

'n Bespreking by Kidd's Beach Holiday Home sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kidd's Beach Holiday Home gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 950 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za