Kiepersol

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kiepersol is ideaal vir gesinsvakansies en paartjies wat wil wegbreek na KwaZulu-Natal se Suidkus. Dié dubbelverdiepinghuis met selfsorggeriewe word omring deur lowerryke kusplantegroei en bied privaatheid en stilte in Selborne Park Gholflandgoed, net 45 minute vanaf Durban.

Kiepersol het slaapplek vir 4 gaste in 2 ruim slaapkamers met en suite-badkamers. Die kombuis, eet- en leefarea het 'n oopplan-uitleg. Die eerste slaapkamer het 'n konginggrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort, en 'n balkonnetjie met 2 stoele en 'n uitsig oor die gronde. Dié balkonnetjie is gemáák vir skemerkelkies en haansterte. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-stort.

Die moderne kombuis is ten volle toegerus met alles wat jy benodig vir selfsorg en beskik oor 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, oond, stoof, wasmasjien, skottelgoedwasser en 'n ontbyttoonbank. Die eetkamer het 'n eetkamerstel met 6 stoele. En daar is 'n groot, gerieflike sitkamerstel voor die platskerm-TV met volledige DStv.

Die leefarea lei na 'n veranda met 'n Weber-braai, 'n buitelug-eetkamerstel en 'n uitsig oor 'n privaat tuin en 'n unieke paadjie wat na die gemeenskaplike swembadarea lei. Dié area het sonstoele, 'n ablusieblok, storte, stoele en tafeltjies.

'n Daaglikse skoonmaakdiens word voorsien deur Primrose. Sy sal seker maak dat jy net rustig kan ontspan en jou vakansie geniet. Gaan maak gerus soggens 'n draai by die Privaat Strandklub of stap rustig op die Faye-Barker-wandelpad met sy volop kleinwild wat skuil tussen die landgoed se kenmerkende plantegroei. Gaste word ook uitgenooi om 'n ronde gholf op die 18 putjie-gholfbaan (72 baansyfer) of 'n tennis te speel onder die spreiligte. Daar is ook 'n speelarea vir die kleinspan.

Die landgoed en die omgewing bied so baie doendinge daar is amper te veel om van te kies!

Slaapplek

'n Bespreking by Kiepersol sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Toiletware

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kiepersol gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za